RSA en Egipte bly topspanne
Hokkie
Dylan Finch (foto) was gister die enigste doelskieter vir die Namibiese manshokkiespan in hul nederlaag met 6-1 teen Egipte tydens die African Road to Tokyo 2020 toernooi op Stellenbosch. Die uiters gedugte Egipte was reeds met vier doele voor teen die tyd dat Finch in die derde kwart (41ste minuut) sy span op die telbord geplaas het. In die manswedloop bly Egipte vooraan met drie uit drie gewen, gevolg deur Suid-Afrika wat ná twee wedstryde ook onoorwonne is. Namibië se mans is laaste van die ses spanne, met twee wedstryde oor. Gister het die Namibiese vroue hulle met 5-0 vasgeloop teen Suid-Afrika, wat ook ná hul tweede oorwinning op koers vir Olimpiese kwalifikasie is. Die Namibiese vroue bevind hulle aan die onderpunt van die vyf spanne en moet nog twee wedstryde speel.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie