Rowers slaan toe in Windhoek
Rowers slaan toe in Windhoek

Rowers slaan toe in Windhoek

Gewapende mans het oor 'n tydperk van drie dae talle mense beroof.
Tanja Bause
Tanja Bause - 'n Jong man van Windhoek is Vrydagaand tydens 'n rooftog deur vier rowers in 'n cul-de-sac in die Eros-woonbuurt met 'n mes gesteek, terwyl ses skote ook op hom afgevuur is.

Die man se meisie was saam met hom en op pad om by 'n vriend te gaan kuier. Die man het skaars stilgehou en uit die motor geklim, toe vier mans uit die bosse storm en hom aanval. In die geworstel wat ontstaan het, is hy met 'n mes gesteek. Sy meisie was steeds in die motor. Hy het besluit om weg te hardloop en te gaan hulp soek, met die hoop dat die verdagtes sy meisie sou uitlos en hom agtervolg. Drie skote is op hom afgevuur. Die man het by van die erwe in die straat ingehardloop en aan deure begin klop, waartydens nóg drie skote op hom afgevuur is.

Twee mense wat verby hom gery het, het die skote gehoor en omgedraai om hom te help. Van die inwoners wat die skote gehoor het, het intussen ook uit hul huise gekom. Die verdagtes het met beursies en selfone weggekom. Die man is in 'n plaaslike hospitaal vir sy meswond behandel en ontslaan.

“Ons is baie bly die meisie is nie aangerand nie en nie een van die skote het hulle getref het nie,” het ’n familievriend gesê.

Saterdag omstreeks 06:00 het nóg drie gewapende rowers die Pick n Pay-tak in dieselfde woonbuurt probeer beroof. Agt personeellede is in die winkel aangehou en beveel om die kluis oop te maak. Die rowers het een van die werkers met ’n pistool oor die kop geslaan, terwyl nog twee werkers geskop is toe hulle nie die kluis kon oopmaak nie. Weens protokol-prosedures kan die kluis nie deur personeel oopgemaak word nie. Die rowers het hulle sonder enige buit uit die voete gemaak. Drie werkers is ná die voorval in die hospitaal opgeneem en intussen ontslaan.

Donderdag het sewe rowers vier Italiaanse toeriste by ’n gastehuis in Olympia probeer beroof. Die toeriste het pas op die gastehuis se perseel stilgehou, toe sewe mans op die voertuig afstorm. ‘n Werker in die gastehuis het op ‘n kamera gesien wat gebeur.

“My man het agter die toeriste in die erf ingery en ons het uitgehardloop en vir hom gegil daar is rowers. Hy het met sy sleutel in sy hand uitgeklim en op die rowers begin skree. Die mans het omgedraai en weggehardloop,” het die vrou gesê. Die sewe mans het weggejaag in twee voertuie wat verder af in die straat geparkeer was. Een van die toeriste se paspoort en kredietkaart is uit sy broeksak gesteel. “Ons kon die aanval afweer, maar ons as gemeenskap moet oplettend wees en reageer en die polisie bel.”

'n Woordvoerder van die Namibiese polisie, ao. Immanuel Lazarus, kon geen verdere inligting oor die voorvalle gee nie.

In Oshakati het drie mans 'n taxi-bestuurder van N$1 000 beroof en met die taxi weggejaag.

In Kongolo het vier mans met 'n AK-47 'n man gedreig en van N$10 000 beroof.

Niemand is in dusver vir enige van die voorvalle in hegtenis geneem nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!