Rowers slaan toe by Staatshuis-grootkop
Rowers slaan toe by Staatshuis-grootkop

Rowers slaan toe by Staatshuis-grootkop

'n Senior amptenaar in die president se kantoor sterk in 'n hospitaal aan ná hy deur rowers gewond is.
Denver Kisting
Denver Kisting



Die drie gewapende mans wat op die uitvoerende direkteur van pres. Hage Geingob se private kantoor losgebrand het, is steeds op vrye voet.

Adj.komm. Edwin Kanguatjivi, nasionale polisiewoordvoerder, sê mnr. Moses Pakote (51) is Maandag om 00:30 deur drie mans by sy huis in Auasblick voorgelê.

'n Onbekende aantal kinders was glo alleen tuis toe die rowers toegeslaan het, het Kanguatjivi gesê.

Die drie mans wou glo waardevolle items by die kinders hê.

Met Pakote se aankoms tuis het die rowers hom by sy motor voorgelê en in die been geskiet, sê die woordvoerder.

Hulle het toe volgens Kanguatjivi op die vlug geslaan met 'n rooi-en-wit iPhone 7, twee swart iPhone X'e en een Apple Macbook Air-skootrekenaar.

Volgens hom het die mans die nabygeleë berge te voet ingevlug.

Pakote word in 'n private hospitaal vir sy beserings behandel, het Kanguatjivi gesê.



Presidensie reageer

Geingob het die voorval gistermiddag by monde van dr. Alfredo Hengari, sy woordvoerder, in 'n bondige verklaring bevestig.

Volgens Hengari is Pakote op die herstelpad en vra die presidensie dat sy en sy gesin se privaatheid gerespekteer word.

Hy beklee sedert die begin van die jaar dié pos.

Voor dit was hy 'n adjunk- uitvoerende direkteur in die kantoor van die visepresident.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!