Rovers-afrigter sê oor Nyambe se gedurige beserings

14 January 2020 | Sport
Tony Mowbray, die afrigter van die Engelse sokkerklub Blackburn Rovers, reken Ryan Nyambe se hoë dryfkrag en werktempo tel dalk teen hom en verklaar dalk hoekom hy die afgelope tyd deur dyspierbeserings gepla word.

Die Namibiese verdediger is opnuut van die veld gedwing tydens Rovers se 1-1 gelykopwedstryd teen Preston in die Engelse eerste liga. Nyambe het juis sy terugkeer gemaak nadat hy op 26 Desember teen Birmingham City sy dyspier beseer het en afgehaal is.

Voor dit was die 22-jarige Namibiër reeds twee keer op 'n gedwonge afwesigheid weens beserings en was vir altesame sewe wedstryde hierdie seisoen buite rekening.

Vir die klub se afrigter Mowbray is dit 'n bron van kommer, want wanneer Nyambe wel op die veld was, het hy gevaarlik gelyk aan die regterkant, soos in die eerste helfte van die wedstryd teen North End.

In die opbou na die Preston-wedstryd het Nyambe twee oefendae bygewoon, nadat hy die vorige drie wedstryde misgeloop het. Nou moet Mowbray opnuut op terugvoer van sy mediese span oor die nuuste dyspierbesering wag.

“Nyambe is vir ons 'n verlies nadat hy aan ons regterkant so vol gevaar gelyk het,” het Mowbray gesê oor sy verdediger wat hierdie seisoen 13 keer in die opdrafspan was.

“Met (Bradley) Dack en (Corry) Evans ook op die krukkelys, gaan dit op die oomblik nie maklik nie. Maar hulle is spelers met veggees wat wys hulle gee alles vir die klub.

“Ryan loop wedstryde mis, maar omdat hy so bedagsaam is, hardloop hy met volle inspanning en met soveel spoed dat dit moontlik selfs tot nadeel van sy eie liggaam is.

“Ek hoop die nuutste probleem is maar net krampe. Hy is 'n jong man wat dalk nog nie optimale begrip van sy eie liggaam het nie.

“In elke wedstryd dryf hy homself tot die uiterste. Hopelik is dit net 'n kramp en kan ons hom teen die einde van die week terug op die oefenveld sien.

“Ons verdedigers lyk die afgelope tyd stewiger. Die span het honger gelyk om vir 'n oorwinning te veg.”

Nyambe se veelsydigheid om enige van die agterste vier posisies te dek, het tevore reeds die aandag van ver­skeie klubbestuurders in Engeland gelok. Hy het egter in April verlede jaar sy kontrak met nog twee jaar verleng om by Blackburn Rovers te bly – die klub deur wie se junior struktuur hy gevorder het om in 2015 as 17-jarige sy professionele eerstespandebuut te maak.

Rovers is tans 13de uit die 24 spanne in die Engelse kampioenskap (eerste liga) op 37 punte ná 37 wedstryde.

– Lancashire Telegraph

Soortgelyk

 

Kawana gee besonderhede oor viskwotas

19 ure gelede | Visserye

Nuwe aansoekers sal 56,2% van viskwotas ontvang en bestaande regtehouers die balans van 43,8%.Dr. Albert Kawana, wat as nuwe minister van visserye en mariene hulpbronne...

Namibië het nou 23 bevestigde Covid-19-gevalle

1 dag gelede | Gesondheid

Namibië se jongste bevestigde geval van Covid-19 (nr. 23) is 'n 38-jarige Namibiese vrou wat op 23 Mei vanaf Dar es Salaam, Tanzanië na Namibië...

The cream of the crop

1 dag gelede | Mense

Ester KamatiMonica Gwala (Niilenge), the owner of Mo-nize Farmstead Fresh Produce, is the only entrepreneur amongst six siblings, specifically in the field of agriculture –...

Namibië oper, Walvis toe

1 dag gelede | Regering

Denver Kisting – Die staatshoof, pres. Hage Geingob, sê fase 3 wat Dinsdag in werking tree, gaan van Namibiërs vereis om groter verantwoordelikheid vir hul...

Baie meer as miljard vir Air Nam nodig

1 dag gelede | Regering

Ronelle Rademeyer – Die N$984,6 miljoen wat in die nuwe boekjaar uit die belastingbetaler se sak na die nasionale redery gaan vloei, sal net “die...

Weer vir 29 Mei 2020

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Koud in die oggend, andersins sonnig en matig tot warm, maar warm tot baie warm in die Noorde.KUS: Sonnig en matig tot warm. GETYE...

Ouwêreldse vermaak by 'nuwe' inryteater

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Yandi du PlessisDalk is jy al keelvol vir Netflix of ShowMax, of bloot net uitgekuier om by die huis te sit. Dalk verlang jy na...

Vier 'renosterstropers' verskyn in camera

1 dag gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Vier van die agt verdagtes wat vandeesweek in verband met renosterstropery en -horingsmokkelary vasgetrek is, het gister in camera in die streekshof...

San gebruik spaargeld vir wateraanleg

1 dag gelede | Omgewing

Die San-gemeenskap in die N‡a Jaqna-bewaringsgebied se water­infrastruktuur is al vir jare 'n uitdaging. Water is 'n skaarste in Namibië en inwoners van dié bewarings­gebied...