Routydperk vir Muharukua
'n Nasionale routydperk vanaf vandag tot Saterdag is afgekondig, met vlae wat halfstok sal hang. Die eer word betoon aan me. Angelika Muharukua wat op 1 Oktober oorlede is. Gister is die eerste deel van haar heldebegrafnis by die parlementstuine in die hoofstad gehou. President Hage Geingob asook oudpresidente Sam Nujoma en Hifikepunye Pohamba het toesprake gelewer. Môre vanaf 12:00 vind 'n gedenkdiens by die Newman Katuta-stadion op Opuwo plaas. Die begrafnisseremonie vind Saterdag vanaf 06:00 op Okozokondjoza plaas. Muharukua was die adjunkminister van geslagsgelykheid en kinderwelsyn voordat sy in 2015 as die goewerneur van die Kunenestreek aangestel is. Foto Augetto Graig
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie