Routh se kop gewas oor toelaag

31 December 2003 | Politiek en nasionale nuus
DIE kommissie van ondersoek het die Padowerheid (RA) se mees senior interne ouditeur, mnr. Derek Routh - wat net oor Graad 12 en \'n tweemaandelange diploma beskik - se kop behoorlik gewas omdat hy steeds \'n toelaag ontvang waarop hy nie meer geregtig is nie.
Mnr. Routh het onder meer getuig dat die personeelafdeling glad nie vanjaar gekontroleer is nie, omdat dit nodeloos sou wees in die lig daarvan dat hulle wag vir die aktivering van \'n nuwe inligtingstelsel.
Die kommissie wou weet hoekom die man wat aan die stuur staan van beheer, maande nadat sy sesmaande aanstelling in \'n waarnemende hoedanigheid verstryk het, steeds \'n toelaag verdien. Mnr. Routh het dié oorsig nie verder geneem as die personeelkantoor nie.
Daar is sedert 2000 nooit \'n hoof vir die afdeling interne oudit aangestel nie. Hoofbestuurder Rosa Nakalé het onthul dat dié pos nooit eens geadverteer is nie, op grond daarvan dat sulke kundiges \"baie skaars en duur is.\"
Mnr. Routh glo dat hy bevoeg is vir sy taak. Hy is ná \'n aanvanklike fase van indiensopleiding deur PriceWaterhouseCoopers bo twee kollegas aangewys om as senior interne ouditeur waar te neem.
Kommissaris Andries Hungamo was bekommerd oor die finansiële en organisatoriese implikasies daarvan om twee verskillende firmas aan te stel as eksterne ouditeurs (Ernest & Young) en vir opleiding. Dié opleidingsfunksie kos die RA jaarliks sowat N$12 000.
Die jong ouditeur het die aantyging verwerp dat die RA-bestuur leke aanstel wat hulle na hartelus kan manipuleer. Dit was voorts \'n \"redigeerfout\" dat hy in \'n jaarverslag die afdelingshoof genoem is.
Volgens mnr. Routh het hy alleen in uitsonderlike gevalle gevind dat beleid doelbewus verontagsaam is. Meestal was dit menslike foute.
Die ouditeur het die interne ondersoeke gelei oor klagte van korrupsie teen me. Sophia Tekie van die Padbestuurstelsel (RMS) en mnr. Dolf van der Merwe. Laasgenoemde het 13 ontbossingskontrakte toegeken aan ondernemings waar sy liefmeisie betrokke was.
Adv. Otniël Podewiltz was besorgd dat mnr. Routh net twee van hierdie voorbeelde kon opdiep. Die kommissie moes die res self vind.
Me. Nakalé se reaksie was dat mnr. Routh se vermoëns nie op grond van één oorsig in twyfel getrek kan word nie. Sy glo hy is opreg en dat hy oor twee jaar, wanneer sy B. Comm.-graad voltooi behoort te wees, \'n aanwins sal wees vir die onderneming.
Die kommissie se teenvraag was of \'n tussentydse maatreël nie nodig is om iemand wat ten volle gekwalifiseerd is, aan te stel nie.
Volgens mnr. Routh het die hoof uitvoerende beampte, mnr. Justin Runji, die ondersoek na me. Tekie gelas omdat die RMS \'n magdom toerusting aangekoop het. Die ouditeur het ontken dat hy \'n strooptog uitgevoer het op haar kantoor óf eensydig was.
Die skootrekenaar wat me. Tekie by haar broer, mnr. Sam Belete van Best Computers, gekoop het, is selfs geweeg om haar verweer te toets dat dit veel ligter is as haar vorige rekenaar.
Een van die tjeks aan Best Computers is aan \'n onbekende, derdeparty geëndosseer. Die kommissie het egter nie onthul wie dit is nie.
Me. Tekie hou vol dat sy in alle gevalle tenderprosedure eerbiedig het en dat Best Computers net gebruik is wanneer hulle die beste prys op die tafel plaas. Volgens haar het mnr. Runji geweet dis haar broer se onderneming en ook sélf \'n rekenaar by hom gekoop.
Die jong ouditeur het gesê dat hy nooit een van die spookwerkers aan wie die personeelkantoor salarisse betaal het, \"gesien het nie.\" Hy het wel vasgestel dat \'n werknemer op die stelsel geregistreer kon word sonder enige dokumentêre bewyse.
Mnr. Routh was ook bewus van ongetekende personeelkontrakte en dat selfs tjeks gedruk kon word sonder insetdokumente. Hy moes voorts toesig hou oor die misbruik van petrolkaarte en voertuie.
Weens vertroulike redes kon hy nie die volledige lys van ondersoeke, insluitende dié wat nog aan die gang is, in die publiek openbaar nie. Hy het \'n afskrif aan die kommissie voorgelê.

Soortgelyk

 

Voertuie deur Löwen meegesleur

12 ure gelede | Toerisme

Ronelle Rademeyer – Twee toeriste én 'n barmhartige samaritaan moes gister hulpeloos toekyk hoe beide hul voer­tuie deur vloedwater in die Löwenrivier meegesleur word.Dié twee...

Boer slag huurbeeste glo self

12 ure gelede | Misdaad

Elvira Hattingh – 'n Boer uit die Windhoek-omgewing het Donderdag sy vierde verskyning in die landdroshof in Windhoek gemaak op aanklag dat hy 'n boer...

Weer vir 19 Januarie

12 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Wydverspreide donderbuie word oor die binneland verwag.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Namib en verre suide met 'n paar buie, andersins gedeeltelik...

Voëlgriep dalk in Namibië

12 ure gelede | Omgewing

Adam Hartman en Erwin Leuschner – Nadat voëlgriep in Suid-Afrika in die Wes-Kaap etlike maande gelede uitgebreek het, bestaan die vrees tans dat seevoëls langs...

Mense keer op keer uit riviere verskuif

12 ure gelede | Regering

Tanja Bause – Talle huise aan weerskante van 'n rivier wat parallel met Istanbulstraat in Otjomuise loop, het Sondagnamiddag oorstroom. Baie van die betrokke mense...

Pedofielsaak skuif na hoërhof

12 ure gelede | Howe

Kristien Kruger – Die vermeende pedofiel wat daarvan beskuldig word dat hy verskeie jong seuns in Windhoek verkrag en vir pornografies doeleindes misbruik het, se...

Reënseisoen skop buitengewoon swak af

12 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Ofskoon Namibië se weerkantoor opnuut wydverspreide donderbuie vir vandag oor die binneland voorspel, het die eerste helfte van die reënseisoen “baie swak”...

Noorde wag vir reën

12 ure gelede | Weer

Terwyl die sentrale en suidelike gedeeltes van Namibië hoë neerslae die afgelope paar dae aangeteken het, moet die noorde van die land nog volgens die...

Verslag: Verskaffers het Agribusdev droog gemelk

12 ure gelede | Ministeries

Mathias Haufiku – ’n Forensiese verslag oor Agribusdev se sakebedrywighede voer aan verskaffers het voorkeurbehandeling ontvang om sake met die maatskappy te doen deur prysvasstellingstaktieke...