Rompslomp kelder oefenwedstryd
Die swak hantering van rugbysake laat nasionale spelers opnuut in die steek.
Sportredaksie
Met minder as 'n maand oor voor Namibië se senior nasionale rugbyspan op sy November-toer na Europa sou vetrek, het Wêreldrugby 'n oefenwedstryd in Kenia tussen die land se Simbas en Namibië voorgestel, wat op 21 Oktober sou plaasvind.
Met Kenia wat dié botsing as voorbereiding vir sy drie repechage-wedstryde teen onderskeidelik Kanada, Hongkong en Duitsland sou wou gebruik, sal nou na ander moontlikhede moet kyk. Vir Namibië sou dié uitstappie teen die Simbas ideaal gewees het voor sy toer in November afgeskop het.
Volgens 'n nuusvrystelling wat gister namiddag deur Namibië Rugby Beperk uitgereik is, het Namibië Rugby die spanlys, asook reisende beamptes aan die Namibiese Rugbyunie voorgelê. Nadat die span deur die Namibiese Rugbyunie verander is, kon die voorlegging nie betyds aan Wêreldrugby voor die afsnydatum gestuur word nie.
“Ten spyte daarvan dat Namibië Rugby die gekose span en toergroep aan die Namibiese Rugbyunie vir goedkeuring gestuur het, kon die voorlegging daarvan aan Wêreldrugby nie betyds geskied nie. Met veranderinge wat deur die Namibiese Rugbyunie aangebring is, sal die stuur van die aansoek nie Wêreldrugby betyds vir sy goedkeuring bereik nie, want die wedstryd is vir Saterdag 21 Oktober beplan. As die beskikbare tyd in aanmerking geneem word om die nodige voorbereidings te tref, is daar nie genoeg tyd oor vir geelkoorsinspuitings en ander mediese vereistes nie,” lees Namibië Rugby se verklaring.
Die NRU sê
Mnr. Corrie Mensah, president van die Namibië Rugby-unie, het geweier om sy stempel van goedkeuring vir die toerspan te gee. Mensah het gister aan die koerant gesê hy het geen beswaar teen die spelergroep wat saamgestel is om komende Saterdag teen Kenia in Nairobi te speel nie.
Volgens die rugbybaas is die voortgesette afwesigheid van Namibiese burgers in die afrigting- en bestuurspan die rede waarom hy moes hakke inskop.
“Hulle praat van 'n plan van nalatenskap met die oog op die volgende Wêreldbekersiklus, maar hoe moet ons dit aanvaar dat daar geen Namibiërs op die afrigterspan is nie – net buitelanders wat ná die Wêreldbeker weer van die toneel verdwyn?
“Ek hoor die toer is af. Wêreldrugby se verteenwoordigers diskrimineer teen ons en wil net voorskrifte met spertye gee, terwyl ons geen seggenskap mag hê nie. Uiteindelik is ek as NRU-president die een wat aan die land verantwoording moet doen.”
Die afstelling van die Kenia-toets is 'n groot terugslag vir talle plaaslike spelers wat die kans kon kry om aan hoofafrigter Phil Davies te wys hulle kan in 'n vyandig gesinde atmosfeer en onder druk van 'n klipharde Kenia-span hul hand opsteek in die aanloop op die November-toer na Europa en uiteindelik die 2019-Wêreldbeker.
Die koste van Namibië se besoek aan Kenia sou ten volle deur Wêreldrugby en die Kenia Rugbyunie betaal word.
Namibië se voorgenome drie weke lange toer na Europa, waar hulle teen Rusland (10 November), Spanje (17 November) en Portugal (24 November) sal speel, is reeds bevestig. Die toer word deur Wêreldrugby vir dié lande aangebied wat reeds vir die 2019-Wêreldbeker gekwalifiseer het.
Kenia sal self 'n besige tydperk in November beleef wanneer hy binne 13 dae drie internasionale wedstryde op 'n rondomtaliegrondslag in Frankryk moet speel.
Die Simbas se drie repechage-wedstryde vir die laaste beskikbare plek in Groep B saam met Nieu-Seeland, Suid-Afrika, Italië en Namibië, skop op 10 November in Marseille teen Kanada af.
Op 17 November volg Hongkong, en Duitsland is die laaste hekkie op 23 November.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie