Rommelstrooiery veroordeel
‘n Leser skryf:
Ons het in die week op 'n tuinwerker afgekom wat 'n asdrom vol tuinvullis en rommel in 'n stukkie oop veld in Noordhoek se hoofstraat staan en uitgooi, ons het hom gedwing om dit op te tel.
So 2-3 weke terug het ons mense gesien wat hulle asdrom in die stukkie veld oorkant hulle huis leeg maak, terwyl hulle net kan wag vir die asdromlorrie wat Dinsdae asdromme in Noordhoek kom leeg maak. Ons het so twee weke terug agter 'n wit regeringkar gery wat op die spoedbultjie gestop het, uitgeklim het en sy vuilgoedsak in die veld langs die spoedbultjie gegooi het.
Ons was weg na vriende vir Kersfees, en dis hoe Keetmanshoop binne 'n dag lyk van die rommel.
Skrikwekkend hoe ons pragtige natuur in 'n ewige donker gat verander, nie lank voor dit te laat is nie. Wat het van omgewingsbewaring geword? Ons natuur verander in een groot vullismoeras, en ons as mense staan terug en kyk hoe ons moeder natuur se skoonheid vertrap met ons arrogante selfsug van menswees. Vir hoe lank lê vullis en opgaar die hele dorp vol, en meeste van die rommel is alreeds wyd verstrooi.
Keetmanshoop het 'n stortingsterrein, ironies genoeg is ons as mens te sleg om tot by die stortingsterrein te ry, maar vat sommer die vinnige en maklike uitweg van “dump sommer hier, niemand sal sien nie". Nou kan ons die vraag vra: Is dit hoe ons ouers en voorouers ons opgevoed het? Ons behoort ons te skaam!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie