Rommelstatus kwel BoN
Rommelstatus kwel BoN

Rommelstatus kwel BoN

Sou Namibië afgegradeer word, sal dit ‘n “hoë” impak op die land se finansiële stabiliteit hê, sê die Bank of Namibia.
Jo-Mare Duddy Booysen
Jo-Maré Duddy – Net twee gevaarligte flikker rooi op die sentrale bank se jongste lys van finansiële stabiliteitsrisiko’s vir die land en een daarvan is die moontlikheid van rommelstatus vir Namibië.

Die ander een is die verdere afgradering van Suid-Afrika.

Die Bank of Namibia (BoN) se finansiële stabiliteitsverslag vir 2016 wat Vrydag vrygestel is, toon ‘n “medium-waarskynlikheid” dat Namibië se soewereine kredietgradering kan verlaag. Die regering se buitelandse staatskuld is tans net een vlak bo rommelstatus by beide Fitch Ratings en Moody’s.

Die gevaar dat Namibië afgegradeer word, was laas in Maart 2013 op die BoN se lys van finansiële stabiliteitsrisiko’s. Tóé was die waarskynlikheidsblokkie egter groen, wat beteken die sentrale bank het dit as ‘n geringe risiko beskou.

Sou Namibië afgegradeer word, sal dit ‘n “hoë” impak op die land se finansiële stabiliteit hê, toon die BoN se jongste risikolys.

Die sentrale bank meen daar is ‘n “hoë waarskynlikheid” dat Suid-Afrika verder afgegradeer gaan word. Sou dit gebeur, sal dit ‘n “medium-impak” op finansiële stabiliteit plaaslik hê, aldus die BoN. Die buurland is reeds deur S&P en Fitch tot rommel afgegradeer.

Beide Fitch en Moody’s het verlede jaar Namibië se kredietgraderingsvooruitsig van stabiel na negatief verlaag: Eers Fitch in September, terwyl Moody’s in Desember gevolg het.

“Die afwaartse hersiening van Namibië se ekonomiese vooruitsig van stabiel tot negatief deur kredietgraderingsagentskappe in 2016, en die moontlikheid van ‘n afgradering wat tot die verlies van Namibië se beleggingsgradering kan lei, bly kommerwekkend.”

Gevolge

Sou die land afgegradeer word, sal Namibië se makro-ekonomiese omgewing die negatiewe gevolge dra en rentekoerse kan styg, waarsku die BoN.

“Die verlies van ‘n beleggingsgraad sal ‘n wanbalans in die vraag en aanbod van alle Namibiese skuldbriewe veroorsaak, wat gevolglik tot ‘n styging in die rentekoerse van alle beleggingsinstrumente sal lei. Om kapitaaluitvloei weens die slegter beleggersaptyt en –sentiment na ander markte te verhoed, kan die BoN rentekoerse dalk verhoog.”

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank kan moontlik ook sy repokoers in die buurland verhoog vanweë stygende inflasie as ‘n moontlike nagevolg van ‘n swakker rand wat uit rommelstatus voortspruit. Om die koppeling van die Namibiese dollar aan die rand te verseker, sal die BoN dalk dan die Reserwebank se voorbeeld volg.

Die BoN het die plaaslike banksektor aan verskeie strestoetse onderwerp om weerstand teen risiko’s rakende stygende stygende rentekoerse, skommelende wisselkoerse, wanpresterende lenings (NPL’s) en likiditeit te bepaal.

Hoewel die banke – selfs in die ergste toetsscenario – aan die regulatoriese vereistes van die BoN voldoen het, het hulle “relatief swakker” gevaar vergeleke met die ooreenstemmende tyd in 2015.

In die algemeen is Namibië se finansiële stelsel en –markte steeds gesond, het die BoN bevind.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.96 | EUR to NAD 20.52 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.34 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 211.71/OZ UP +0.96% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0015 | Zinc US$ 2 447.90/T DOWN -0.35% | Brent Crude Oil US$ 87.06/BBP UP +0.78% | Platinum US$ 898.08/OZ UP +0.36% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.96 | EUR to NAD 20.52 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.34 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 211.71/OZ UP +0.96% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0015 | Zinc US$ 2 447.90/T DOWN -0.35% | Brent Crude Oil US$ 87.06/BBP UP +0.78% | Platinum US$ 898.08/OZ UP +0.36%