Roland Garros, Wimbledon wink vir Philip

07 March 2018 | Sport
Johann de Jager

Suid-Afrika se voorste junior, Philip Henning, gaan danksy ’n geldelike inspuiting van die Internasionale Tennisfederasie (ITF) in die oorblywende drie Grand Slam-toernooie vir juniors in aksie wees.

Philip (17) van Grey-Kollege in Bloemfontein het vroeër vanjaar die tweede keer aan die Australiese Ope vir juniors deelgeneem, waar hy die derde ronde gehaal het. Hy gaan nou die eerste keer in die junior toernooie van die Franse Ope, Wimbledon en die Amerikaanse Ope speel danksy die ITF se toelaag vir opkomende spelers.

Philip is een van net 15 belowende juniors van 13 lande wat deur die ITF bygestaan gaan word. Die toelaag is om spelers met buitengewone potensiaal met reis- en toernooikoste te help. Dit moet hulle help om die oorgang van junior na senior tennis te vergemaklik.

Philip, wat vroeër vanjaar die 56ste plek op die seunsranglys beklee het, se toelaag beloop R150 000. Twee van Suid-Afrika se voorste seniors, Lloyd Harris en Chanel Simmonds, het ook aan die begin van die jaar soortgelyke toelae van die Grand Slam-ontwikkelingsfonds gekry.

David Haggerty, ITF-president, sê hulle bly daartoe verbind om die spel oor die wêreld heen te ontwikkel.

“Die toelaag sal ondersteuning bied vir van die wêreld se beste juniors van lande met minder beskikbare hulpbronne. Die oorgang van junior tennis na beroepstennis is ’n groot uitdaging en die toelaag is maar net een van die wyses waarop die ITF beoog om talentvolle jongelinge te help om hul aandag op die toer te vestig,” het Haggerty gesê.

Philip, wat Saterdag die internasionale junior toernooi in Pretoria gewen het, speel vandeesweek in Marokko. Dit is ’n voorloper vir die junior Afrika-toernooi wat volgende week in Marokko begin. Philip beplan om in Junie in België voor te berei vir die junior Franse Ope, wat op 3 Junie begin. – Netwerk24

Soortgelyk

 

Moord-selfmoord ruk Oshakati

5 ure gelede | Misdaad

‘n Moorddossier is op Oshakati geopen nadat ‘n man na bewering eers sy vrou en toe daarna homself in die Ehenye-nedersetting op die dorp geskiet...

Vier sterf in grubotsing

6 ure gelede | Ongelukke

Vier mense is gisteraand in 'n grubotsing op die pad tussen Okahandja en Karibib dood. Volgens die Namibiese polisie se woordvoerder vir die Otjozondjupastreek, ao....

Resessie klou verbete

16 ure gelede | Regering

Jo-Maré DuddyMet groei van -0,8% in die derde kwartaal het Namibië sy taaiste drie maande nóg vanjaar beleef en sit die twee swaargewigte wat die...

Meteoorreën bereik sy piek

16 ure gelede | Weer

Elvira HattinghNamibiërs kan uitsien na die Geminides-meteoorreën wat vanaand sy piek bereik.Sowat 100 verskietende sterre sal per uur gesien kan word – mits jy op...

Vuurkuns

16 ure gelede | In beeld

Clinton Fisch het hierdie besondere foto geneem deur staalwol aan die brand te steek en dit tussen staaldrade in te druk wat in die rondte...

Weer, Vrydag 14 Desember 2018

16 ure gelede | Weer

BINNELAND: Mooiweer en matig in die suidweste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met enkele dondebuie wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Eksamenuitslae Donderdag bekend

16 ure gelede | Onderwys

Die voorlopige uitslae vir graad 10-(JSC) en graad 12-(NSSC)hoërvlakkandidate – voltydse en deeltyds – word eerskomende Donderdag amptelik bekend gemaak. Die uitslae sal op die...

Unam-studente moet meer opdok

16 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Die finansiële verknorsing waarin die Universiteit van Namibië (Unam) verkeer, tesame met die algemene ekonomiese vooruitsig vir die land het die universiteitsraad...

1,6 miljoen toeriste kom kuier in 2017

16 ure gelede | Toerisme

Francoise Steynberg - Toerisme het met 2,2% van 2016 af tot verlede jaar gegroei, en 1 608 018 buitelandse toeriste het Namibië in 2017 by...