Roger Federer se stigting gee N$90 miljoen vir vroeë opvoeding
Die Roger Federer-stigting in Switserland het vanoggend ? ooreenkoms met die Nasionale Beplanningskommissie (NPC) onderteken vir die skenking van sowat N$90 miljoen oor die volgende sewe jaar.
Die geld moet gebruik word om vroeë kinderopvoeding in Namibië te bevorder.
Die geld sal deur die Lifeline-Childline nie-regeringsorganisasie en die Kerklike Alliansie vir Weeskinders (Cafo), in samewerking met verskeie betrokke ministeries, versprei word.
Tennisster Roger Federer, wat die stigting begin het, se ma kom van Suid Afrika.
Hy het blykbaar nog familie aan haar kant wat in Namibië, sê die hoof uitvoerende beampte van die stigting, me. Janine Händel.
Hier onderteken adjunkminister Pieter van der Walt van die NPC die dokumente saam met haar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie