'Roekelose bestuurder' vandag in hof
Jessica Botes - 'n Taxibestuurder (29) wat daarvan beskuldig word dat hy Donderdagoggend 'n voetganger in die Mondesa-woonburt doodgery het, verskyn vandag in die landdroshof op Swakopmund.
Die oorledene, me. Medona Geingos (24), het langs die pad by 'n mobiele kosstalletjie saam met haar tweelingsuster gestaan toe die ongeluk gebeur het.
Volgens adj.komm.Erastus Ikuyu van die Erongostreek het 'n ander taxi met drie insittendes, onder wie die bestuurder, in Ondjambastraat in 'n westelike rigting gery, toe die beskuldigde se taxi hom skielik aan die linkerkant verbysteek.
Die beskuldigde het geweier om voorrang aan 'n aankomende voertuig te gee, reg voor die ander taxi ingedraai en dit teen die regtervoordeur gestamp. Weens die botsing het albei voertuie van die pad af geswaai en die beskuldigde se taxi het die vrou getref.
Volgens Ikuyu het Geingos veelvuldige ernstige beserings opgedoen en sy is op die toneel dood. Haar naasbestaandes is van haar dood ingelig.
Die beskuldigde, wat nie in besit van 'n geldige rybewys is nie, is op die toneel in hegtenis geneem. Hy staar klagte van strafbare manslag, roekelose en nalatige bestuur, en die bestuur sonder 'n rybewys in die gesig.
Die insittendes van beide voertuie het nie enige beserings opgedoen nie, maar albei voertuie is beskadig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie