Roei vir renosters by Auas Valley
Kom roei ten bate van renosters op 28 Maart by die Auas Valley-inkopiesentrum in Windhoek.
Op dié Woensdagaand kan die publiek tot 20:00 by dié winkelsentrum inkopies doen en boonop aan 'n opwindende kompetisie vir 'n goeie doel deelneem.
Spanne van vier lede elk kan nou vir die Roei-vir-'n-renoster-kompetisie ten bate van die Red die Renoster-fonds (SRT) inskryf.
Altesaam 18 spanne sal binne 45 minute op ses roeimasjiene roei. Geld sal ingesamel word vir elke kilometer wat op die roeimasjiene geroei word. Die inskrywingsfooi beloop N$1 000 per span.
"Die Auas Valley-sentrum sal N$50 tot die SRT bydra vir elke kilometer wat 'n span roei. Ons nooi korporatiewe spanne uit om deel te neem, geld per kilometer te borg en bykomende skenkings te maak," lui 'n mediaverklaring van die sentrum.
Registrasie sal om 16:00 op 28 Maart begin en die eerste ses spanne sal van 17:00 af tot 17:45 begin roei.
Die tweede sessie is van 18:00 tot 18:45 en die derde van 19:00 tot 19:45.
Vir navrae, kontak me. Anuschka Pinsenschaum by [email protected] of 061 290 9273.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie