Riviervlakke stabiliseer
Volgens die Namibiese hidrologiese dienste se vloedbulletin het die vlakke van die Zambezi-, Kavango- en Kunenerivier gestabiliseer. Die Zambezirivier by Katima Mulilo se vlak bly sedert die middel van verlede week op 7,1 m. Die Kavangorivier se vlak by Rundu het tot 7,2 m gedaal en by Nkurenkuru het dit gisteroggend op 2,63 m gestaan. Die Kunenerivier se vloei by Ruacana is ook besig om te daal en het gisteroggend teen 527,6 kubieke meter per sekonde gevloei. Gemeenskappe langs die Oranjerivier word steeds teen moontlike vloede gewaarsku. Die vlakke van die Oranjerivier het gister by Blouputs op 2 m gemeet en by Sendelingsdrift op 1,84 m. Op die foto baljaar Wian en Fred Zapke in die water wat oor die pad loop by die Caprivi Mutoya Lodge in die Zambezistreek. Volgens gemeenskapslede langs die Zambezirivier was die riviervlak in 2009 laas so hoog. Foto Tanja Bause
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie