Riviervlakke aan die styg
Riviervlakke aan die styg

Riviervlakke aan die styg

Terwyl reënvooruitsigte vir die volgende twee weke swak vertoon, loop sekere riviere ál dieper.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Volgens die jongste vloedbulletin wat Woensdag deur die Namibië Hidrologiese Dienste uitgereik is, vloei die Zambezirivier by Katima Mulilo nou 0,98 m diep, terwyl die watervlak steeds besig is om te styg.

Tans is dit dieper as verlede jaar se 0,78 m en ook dieper as die langtermyngemiddeld van 0,94 m.

Die Kavangorivier is onderskeidelik 1,76 m en 4,29 m diep by Nkurenkuru en Rundu, waar dit verlede jaar op 2,61 m en 4,88 m gestaan het. Volgens die vloedbulletin het die rivier se vlak sedert 28 Desember met onderskeidelik 7 cm en 24 cm gestyg, hoewel dit nog nie so diep soos verlede jaar se 2,61 m en 4,88 m vloei nie.

Die normale vlak vir die rivier by Rundu vir hierdie tyd van die jaar is 4,58 m.

Die Oranjerivier by Blouputs loop 0,54 m diep, terwyl dit verlede jaar dié tyd 0,32 m diep gevloei het.

By Ruacana vloei 23,9 m³ water per sekonde verby, heelwat minder as verlede jaar dieselfde tyd toe 248,64 m³ water per sekonde by die punt verbybeweeg het. Die hoeveelheid water het egter ook sedert 28 Desember toegeneem.

Volgens die bulletin dui onlangse satellietfoto’s daarop dat ligte reënbuie oor die Noorde en Noordooste van die land voorgekom het, terwyl goeie reën oor die sentrale en westelike dele van Angola voorgekom het.

Reënvooruitsigte in die komende twee weke lyk nie te belowend vir Namibië nie.

Volgens weerkaarte van die Nasionale Sentrums vir Omgewingsvoorspelling, word ver ondergemiddelde reën tot 12 Januarie oor groter dele van die land verwag.

WXMaps dui ook aan dat geen tot baie ligte reën binne die volgende week oor die land sal voorkom.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!