Rivierrommel besmet Nubuamis
Eienaars van kleinhoewes in die omgewing kla oor vullis wat saam met ’n stroom van Windhoek se informele nedersettings af vloei.
Tanja Bause - ’n Rivier wat deur verskillende kleinhoewes by Nubuamis, buite Windhoek, vloei, laat inwoners les opsê.
Die rivier, wat verlede week Vrydag vir die eerste keer gevloei het, loop ook deur informele nedersettings buite Windhoek, en is onder meer vol plastiekbottels, skoene, babadoeke, blikke en bottels.
Vier gronddamme op verskillende kleinhoewes, asook die rivierloop en die omgewing, is toe onder die rommel.
Mnr. Sakkie du Plessis sê hy bly die afgelope vier jaar op ’n kleinhoewe in die omgewing, en elke jaar wanneer dit reën en die rivier afkom, is daar ’n groot gemors.
“Elke kleinhoewe hier het ’n gronddam om die grondwater op te vul, want ons drinkwater kom van boorgate af. Maar kyk hoe lyk dit! Die omgewing en die water is besmet en ons is bang dit veroorsaak siektes. Dit is ’n gesondheidsrisiko,” het hy gesê.
Nie net is die hele rivier en omgewing besoedel nie, maar ’n onuithoubare stank hang in die lug.
Volgens Du Plessis spoel die rommel boonop teen grensdrade vas. Wanneer die rivier afkom, breek dié drade dikwels.
“Wanneer die drade breek, sit ons met ander mense se beeste wat op ons kleinhoewes ronddwaal,” sê hy.
Werkers moet die rommel dan in hopies bymekaarmaak en opruim.
“Verlede jaar het een van die eienaars ’n groot houer hier kom neersit wat die werkers met rommel volgemaak het. Hy het dit verskeie kere op sy eie onkoste gaan leegmaak.
“Dit kos geld om die rommel te verwyder. Dít terwyl ons onder Windhoek se munisipale gebied val en munisipale tariewe betaal. Maar niemand doen iets nie. Die onus is maar op ons as eienaars om dit skoon te maak,” het hy gesê.
“Laas jaar het ek meer as 40 sakke rommel van my hoewe af en rondom my gronddam verwyder, en my dam is die derde dam wat deur die rivier bereik word. Dink net hoe erg die rommel op die ander kleinhoewes was.”
Volgens Du Plessis kyk werkers soms kleiner stukkies gemors, soos plastiekproppe, mis. Dit word dan deur beeste gevreet.
“Ek het juis na die kleinhoewe toe getrek om na aan die natuur te kan wees. Maar nou kyk ek op ’n ashoop uit. Hier is ook ’n gastehuis en toeriste kyk hierin vas. Dit is ’n skande,” het hy gesê.
Sedert November verlede jaar is 214 gevalle van hepatitis E in Namibië gediagnoseer waarvan 41 gevalle in Windhoek in die Havana- en Goreangab- informele nedersettings bevestig is.
Swak higiëne en besoedelde water is risikofaktore vir hepatitis E-besmetting.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie