Rioolsuiweraars in die sop

Daadwerklike voorstelle is gemaak om die gehalte van behandelde rioolwater in die Bo-Swakop-rivierkomgebied te verbeter en verder besoedeling van die Swakoppoortdam te keer.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh – Slegs een van die elf munisipaliteite, instansies en nedersettings wat rioolwater in die Bo-Swakop-rivierkomgebied behandel, het tans ’n geldige permit daarvoor, alhoewel vier hangende aansoeke het.

Daarbenewens hou geeneen by die nodige standaarde waaraan behandelde afloopwater moet voldoen nie.

Tydens ’n vergadering tussen die Bo-Swakop-rivierkomgebied bestuurskomitee (USBMC) en die ministerie van landbou, water en grondhervorming se direktoraat vir waterbestuur, het die ministerie se me. Ivondia Karumendu bevestig dat talle probleme bestaan as dit by die behandeling van rioolwater kom.

“Talle aanlegte besoedel die omgewing, omdat dit oorvloei. Soms word dit nie na behore onderhou nie, maar die meeste vloei oor omdat dit oorwerk word.

“Baie daarvan is vir kleiner mensebevolkings gebou en is nie met die tyd vergroot of aangepas nie. Gevolglik kan dit nie ’n groeiende kapasiteit hanteer nie,” het sy gesê.

STANDAARDE

Karumendu het gewys die meeste aanlegte hou reeds so lank terug as in 2007 nie by die algemene, wetlik vereis standaarde waaraan afloopwater moet voldoen nie.

Om afloopwater in die omgewing of in rivierlope te mag vrylaat, geld strenger, spesiale standaarde. Volgens ’n ontleding verlede jaar het aanlegte soos Otjomuise en Ujams, wat wel water in die natuur vrylaat, nié aan die spesiale standaarde voldoen nie.

Karumendu sê die Windhoek-munisipaliteit se Otjomuise en Ujams-aanleg asook Namib Poultry Industries (NPI) laat behandelde afloopwater in die Klein Windhoek- en Otjiseva-rivier vry, terwyl die Von Bach-aanleg in die Swakoprivier oorloop.

Sy het verduidelik die Windhoek-munisipaliteit beskik oor 21 aanlegte wat rioolwater behandel. Hulle het permitte vir vier aanlegte wat tot 2026 geldig is, maar terselfdertyd ook 17 waarvoor aansoeke uitstaande is.

Volgens Karumendu het NPI se jongste permit in Maart 2016 verval, terwyl die Von Bach-aanleg ’n aansoek ingedien het, maar nog nie ’n permit ontvang het nie.

Geen van die ander aanlegte beskik tans oor geldige permitte nie, en sommige s’n het so lank as 20 jaar gelede verval. Dit sluit die Okahandja- en Karibib-munisipaliteite in, die Gross Barmen Lodge asook die Ovitoto- en Omatako-nedersettings.

Buiten vir die Von Bach-aanleg, het Meatco Okapuka looiery en voerkraal, asook die Universiteit van Namibië (Unam) se Neudamm en die Osona-nedersetting egter hangende aansoeke.

GEEN GEVOLGE

Lede van die USBMC was ontsteld oor die swak toepassing van die wet en gebrek aan optrede teen oortreders. Onkunde oor die standaarde, ’n gebrek aan onderhoudingswerk en verouderde infrastruktuur wat bó hul kapasiteit moet werk is ook as redes vir probleme in die behandeling van rioolwater voorgehou.

Die USBMC se ondervoorsitter, mnr. Piet Smit, het gesê besoedeling in die Bo-Swakop-rivierkomgebied bedreig die Swakoppoortdam. Daar bestaan lank reeds kommer oor dié dam se watergehalte, want dis die grootste van drie wat sentrale Namibië van water voorsien.

“Ons wil nie hê Swakoppoortdam moet later soos die Goreangabdam lyk nie. Enige besoedeling in afloopwater is ’n kwessie vir die dam, hetsy dit onveilige soutvlakke of iets anders soos fosfaat is,” het hy gesê.

VORENTOE

Die ministerie het onderneem om oortreders te nader om binne twee maande met ’n aksieplan vorendag te kom, terwyl moontlikhede ondersoek moet word om plaaslike owerhede geldelik by te staan – veral on die nodige infrastruktuur te ontwikkel of op te gradeer.

Die ministerie se me. Selma Kanandjembo sê daar sal ook gekyk word of ’n graderingstelsel uitgewerk kan word vir instansies wat by die nodige standaarde hou, terwyl die bestuurskomitee vra dat inligting oor instansies se rioolsuiwering, of gebrek daaraan, openbaar gemaak moet word.

Sy sê nog ’n soortgelyke vergadering sal oor twee maande gehou word om vas te stel of enige vordering in verband met die kwessie gemaak is.
[email protected]

FOTO's
Die Swakoppoortdam word deur besoedeling in die Bo-Swakop-rivierkomgebied bedreig .FOTO ELVIRA HATTINGH

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.92 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 225.05/OZ UP +1.57% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.09% | Zinc US$ 2 453.40/T DOWN -0.13% | Brent Crude Oil US$ 87.37/BBP UP +1.14% | Platinum US$ 908.10/OZ UP +1.48% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.92 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 225.05/OZ UP +1.57% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.09% | Zinc US$ 2 453.40/T DOWN -0.13% | Brent Crude Oil US$ 87.37/BBP UP +1.14% | Platinum US$ 908.10/OZ UP +1.48%