Ringmure fnuik olifante
Ringmure fnuik olifante

Ringmure fnuik olifante

Ringmure word om ses waterpunte in die George Mukoya- en Muduva Nyangana- kommunale bewaringsgebiede in Khaudum-Noord in die Kavango-Oosstreek opgerig, waar gemeenskappe onder mens-olifant-konflik deurloop.

Omdat olifante waterinfrastruktuur erg beskadig, is ringmure uit klip reeds om twee waterpunte in eksklusiewe wildsones in die bewaringsgebiede gebou.

Hierdie projek word deur die ministerie van die omgewing en toerisme en die Namibia Nature Foundation (NNF) ondersteun, met fondse van die Duitse regering, gefasiliteer deur die Deutsche Gesellschaft für Internationale Zusammenarbeit (GIZ), die Gemeenskapsgebaseerde Natuurlike Hulpbronbestuurprojek (CBNRM) en die Ford Wildlife Foundation.

Die twee bewaringsgebiede is ten volle betrokke by die beplanning en bou van die projek. Die ministerie se direktoraat van wildlewe en nasionale parke vervoer die stene met 'n trekker na die waterpunte.

Die NNF het 'n Ford Ranger 3.2 4X4-dubbelkajuitbakkie van die Ford Wildlife Foundation in September 2018 ontvang, wat deur die projekkoördineerder gebruik word om vergaderings by te woon en die bouperseel te besoek.

Die voorsitter van die George Mukoya-bewaringsgebied, mnr. Jacob Hamutenya, het gesê die projek het die twee bewaringsgebiede en organisasies verenig om olifant-mens-konflik te verminder.

Die NNF werk sedert 2010 saam met die omgewingsministerie, asook die ministerie van landbou, water en bosbou in hierdie bewaringsgebiede om institusionele ondersteuning te bied sodat die gemeenskappe direkte voordele kan geniet.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!