• Tuisblad
  • Sake
  • Reuseskandaal skud Brasilië se 'vrot' vleisbedryf
Reuseskandaal skud Brasiliu00eb se 'vrot' vleisbedryf
Reuseskandaal skud Brasiliu00eb se 'vrot' vleisbedryf

Reuseskandaal skud Brasilië se 'vrot' vleisbedryf

Van die 'besmette' vleis is as skoolmaaltye in Amerika of aan kleinhandelkettinggroepe soos Walmart verkoop.
Jo-Mare Duddy Booysen
Twee Brasiliaanse voedselreuse steier onder bewerings van grootskaalse korrupsie met die uitvoer van vleis wat nie veilig is om te eet nie.

Die skandaal wat die maatskappye JBS SA en BRF SA getref het, kan jare se werk ongedaan maak om verbruikers oor die gehalte en veiligheid van Brasilië se vleis gerus te stel.

Die polisie in Brasilië het verlede Vrydag bekend gemaak hy het bewyse gevind dat 'n aantal vleismaatskappye, insluitend die land se grootste vleisprodusente, regeringsamptenare omgekoop het om die verkoop en uitvoer van besmette vleis toe te laat. Meer as 30 mense is aangekeer en honderde hofbevele is uitgereik in wat die plaaslike media as die grootste polisieoptrede in sy soort in die land se geskiedenis bestempel.

Daar word beweer dat sommige van die uitvoervleis, insluitend wors en kouevleis, “gedokter” is met bestanddele soos varkkoppe en karton. Daar is voorts beweer die vleis se vrot reuk is deur die toevoeging van groot hoeveelhede suur weggesteek. Verdere oortredings sluit ook moontlik in dat produkte waarvan die vervaldatum verstryk het, herverpak en weer verkoop is.

Die polisie het transkripsies uitgereik van gesprekke wat opgeneem is waarin gesondheidsinspekteurs omgekoop word, soms met voorste vleissnitte.

Van die besmette vleis is as skoolmaaltye in Amerika of aan kleinhandelkettinggroepe soos Walmart verkoop, volgens die polisie en Brasilië se Federale Inkomste-agentskap.



Bestem vir Europa

Die polisie beweer verder dat drie BRF-besendings wat met salmonella besmet is, nog op pad na Europa is.

Brasilië is die wêreld se grootste uitvoerder van bees- en hoendervleis.

Eumar Novacki, woordvoerder van die Brasiliaanse departement van landbou, het die gevolge van die saak as “baie kommerwekkend” bestempel aangesien sommige invoerders die algehele veiligheid van die land se vleis bevraagteken.



Invoerders getrakteer

Michel Temer, die land se president, het Sondagaand die ambassadeurs van die lande wat die meeste van Brasilië se vleis invoer, op 'n ete getrakteer waar hulle soveel biefstuk kon eet as wat hulle wou om te bewys dat plaaslike vleis veilig is.

Intussen het die twee maatskappye in die middel van die skandaal, JBS SA en BRF SA, met 'n reuseveldtog begin om skadebeheer toe te pas. Televisieadvertensies in spitskyktyd en volbladadvertensies in die land se koerante beweer die twee maatskappye het nog nooit vrot vleis verkoop nie en dat hul produkte veilig is om te eet.

Hierna het die gebruiklike reaksie op sosiale media soos Twitter gevolg met onder meer foto's van stukke karton op sosatiestokkies en ander ironiese kommentaar op die skandaal. – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 225.29/OZ UP +1.58% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.07% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.57/BBP UP +1.36% | Platinum US$ 909.21/OZ UP +1.60% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 225.29/OZ UP +1.58% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.07% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.57/BBP UP +1.36% | Platinum US$ 909.21/OZ UP +1.60%