Reusegevolge kom as Itula wen
Sou die hooggeregshof in die voormalige onafhanklike presidensiële kandidaat se guns beslis, kan die Nasionale Vergadering- én die onlangse tussenverkiesing weer moet plaasvind, sê ’n kenner.
Denver Kisting – Dit is ’n onbetwiste feit dat die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) nie met ’n bewysbare papierspoor vir verlede jaar se presidensiële verkiesing vorendag kan kom nie.
Dít is die kern van hul saak, het die Suid-Afrikaanse adv. Jeremy Gauntlett SC QC, Vrydag in die hooggeregshof aan ’n volbank regters gesê.
Gauntlett, wat vir dr. Panduleni Itula, die eertydse onafhanklike presidensiële kandidaat, verteenwoordig sê die destydse minister van stedelike en landelike ontwikkeling het die spreekwoordelike baba opgekap deur te besluit ’n bepaling van die Verkiesingswet moet net gedeeltelik in werking gestel word.
Dié bepaling maak voorsiening vir die gebruik van elektroniese stemtoestelle (EVM’s) onder sekere omstandighede in Namibië se verkiesings.
Die gedeeltes wat met die bewysbare papierspoor gepaard gaan, is nie van krag gemaak nie.
Gauntlett sê hul aansoek is geskoei op die Grondwet, spesifiek die beginsels van demokrasie en die leerstelling van skeiding van magte.
Volgens hom is die hooggeregshof die geskikte platform om die saak aan te hoor, omdat die Verkiesingswet bepaal enige geding, wat spruit uit enige presidensiële verkiesing, moet deur dié hof besleg word.
Dit werk anders met ’n Nasionale Vergadering-verkiesing, sê Gauntlett.
Hul saak handel oor ’n grondbeginsel van die Grondwet, naamlik of die uitvoerende gesag gedeeltelike uitvoering mag gee aan ’n wet wat deur die parlement aanvaar is.
Die gevolg van die uitvoerende gesag se optrede was die inwerkstelling van die gebruik van EVM’s maar sonder wigte en teenwigte, sê hy.
Die 2019- presidensiële verkiesing het die grondwetlike beginsels van demokrasie, die verskanste reg op politieke aktiwiteit, die verkiesing van die president en die funksies van die ECN geskend, sê Gauntlett.
Hulle vra die hooggeregshof om te verklaar dat die gedeeltelike inwerkingstelling van die bepalings van die Verkiesingswet ongrondwetlik is, die uitslae van die presidensiële verkiesing ongeldig is en ’n nuwe verkiesing binne ’n redelike tydperk gehou word.
Respondente reageer
Adv. William Mokhare SC, ook van Suid-Afrika, sê die ECN en hul voorsitter, adv. Notemba Tjipueja, is verstom dat geen kapsie reeds vyf jaar gelede teen die gedeeltelike implementering van die kieswetbepaling gemaak is nie.
Itula se aansoek op ’n “uiters dringende grondslag” is eers ná die aankondiging van die uitslae van die 2019 presidensiële en NV-verkiesings gemaak, sê hy.
Syns insiens hou Itula en kie se aansoek nie verband met die verkiesing van die president nie maar met ’n ministeriële bepaling van 2014.
Boonop, sê Mokhare die hooggeregshof is nie die geskikte platform om so ’n saak as ’n hof van eerste instansie aan te hoor nie.
Die aansoek moes in die hoërhof gedien het en binne ’n redelike tydperk ná die gedeeltelike inwerkstelling van die bepaling van die kieswet, sê Mokhare.
Itula het geweet die EVM’s wat vir verlede jaar se verkiesings gebruik is, is ook reeds in die verkiesing in 2014 gebruik, maar het as ’n steeds dienende Swapo-lid toe geen probleem met die gebruik van die toestelle gehad nie, sê hy.
Mokhare sê die regmatigheid van die gebruik van EVM’s is ook reeds in 2014 in die hof getoets.
Só sê ander
Ofskoon die kieswet howe beveel om binne twee weke uitspraak te lewer, is die uitstel tot 6 Februarie tekenend van die gewigtigheid van die huidige geding.
Só sê mnr. Mike Kavekotora, die president van die Rally for Democracy and Progress (RDP).
Kavekotora word gelys as die vyfde aansoeker in die geding.
Me. Emma Theofelus, ’n jeugaktivis en kandidaatprokureur, het gister gesê sou die land se hoogste hof in Itula en kie se guns beslig, mag die hof gelas dat nie net die presidensiële verkiesing nie maar ook die Nasionale Vergadering- en verlede week se tussenverkiesings weer moet plaasvind. “Dit is beduidende gevolge sou die aansoeker die saak wen.”
Mnr. Graham Hopwood, ’n politieke ontleder, het gister by navraag gesê: “Een positiewe aspek van die Verkiesingswet van 2014 is dat dit verseker enige postverkiesingshofgeding sal spoedig afgehandel word.”
Hy meen dié wysiging wat dit bepaal, is genoodsaak deur ’n twee jaar lange gesloer met ’n geding wat die RDP in 2009 aanhangig gemaak het.
Daardie geding, sê Hopwood, sou verreikende grondwetlike gevolge vir die ECN ingehou het sou die hof in die RDP se guns beslis het. “Ons sou vir twee jaar ’n regering gehad het wat uiteindelik onregmatig verkies geag sou kon gewees het.”
Theofelus het voorts gesê die hooggeregshof se uitspraak sal ook bepaal of planne om die staatshoof en lede van die Nasionale Vergadering op Onafhanklikheidsdag, 31 Maart, in te sweer, sal voortgaan.
Kavekotora het gesê die feit dat ’n volbank van vyf regters die saak aangehoor het en die vrae van dié regters aan die partye se regspanne is ’n aanduiding van die erns van die saak.
Hoofregter Peter Shivute, hooggeregshofregters Sylvester Mainga, Dave Smuts, Elton Hoff en ad hoc-hooggeregshofregter Baaitse Nkabinde is op die bank.
Intussen het die polisiebevelvoerder van die Khomasstreek, komm. Joseph Shikongo, gister bevestig die grootskaalse teenwoordigheid van polisielede oraloor in Windhoek – veral by die hof en selfs by die parlement – was weens die veiligheidsrisiko’s verbonde aan die geding.
Volgens hom is geen ernstige voorvalle egter aangemeld nie.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie