Reusebrand verswelg apteek
Jessica Botes - Die Dolphin-apteek op Swakopmund is gister verwoes nadat ’n brand om 14:30 ontstaan het.
Swakopmund se brandweer het binne 30 minute daarin geslaag om die meeste van die vlamme te blus en te verhoed dat die brand na omliggende geboue versprei. Huurders en winkeleienaars in omliggende geboue moes noodgedwonge hul winkels ontruim en hul voertuie skuif.
Veiligheidsbeamptes het ’n groot versperring rondom die brandtoneel opgerig om te verhoed dat lede van die publiek beseer word wat na die toneel gestroom het.
Die versperring is later selfs verder om die toneel geskuif, omdat veiligheidsbeamptes bekommerd was die vlamme sou na die petrolstasie oorkant die apteek versprei.
Niemand is beseer nie.
Die brand het glo in dr. Ruediger Moisel se praktyk ontstaan, wat langs die apteek geleë is. Dit is glo deur ’n foutiewe elektriese kabel veroorsaak, hoewel dit nog nie deur die brandweer bevestig nie.
Opknappingswerk aan die binnekant van die apteek is ’n paar maande gelede begin en was byna voltooi.
Die hele gebou is in die brand verswelg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie