Reuse-sege vir Okahandja-plakkers

Verbypad se roete aangepas

12 September 2019 | Plaaslik
Yanna Smith – Inwoners van Vergenoeg, ’n onwettige nedersetting by Okahandja, het ná verskeie gemeenskapsvergaderings en -druk ’n reuse-oorwinning behaal.

Dié druk, wat hoofsaaklik deur die Okahandja-inwoners se skadebeheer-komitee gedryf is, het daartoe gelei dat die Paaieowerheid (RA) die roete van die beoogde nuwe verbypad sal aanpas om die impak daarvan op dié gemeenskap te verminder.

Inwoners van dié nedersetting het hulself onwettig op ’n stukkie grond gevestig wat vir die dubbelpad geproklameer was.

Volgens die RA sal die nuwe pad slegs sowat 20 families raak. Aanvanklik sou sowat 300 families verskuif moes word.

Die RA het geen verdere inligting verskaf, of genoem of die roeteverandering koste-implikasies sal hê nie.

Dié aankondiging is Sondag tydens ’n gemeenskapsvergadering in Vergenoeg deur mnr. Steve “Biko” Booys, ’n streekraadslid, gemaak.

Volgens me. Hileni Fillemon, woordvoerder van die RA, is verskeie vergaderings met die Okahandja-stadsraad en die Otjozondjupa-streekraad gehou.

“Okahandja se munisipaliteit het homself daaraan toegewy om grond vir die tydelike verskuiwing van die betrokke families beskikbaar te stel,” het sy gesê.

Daar is onduidelikheid oor hoeveel huishoudings geraak is. Volgens Booys sal slegs 12 families verskuif word.

Die families sal nie vergoeding ontvang nie, omdat hulle onwettig op die grond is, maar hulle sal gehelp word om te trek.

Die verbypad draai wes, net suid van die Omakunderivier aan die suidelike en westelike grens van die dorp verby, en sluit weer by die B1 na Otjiwarongo en die B2 na die kus aan.

Bouwerk aan die A1-dubbelpad se eindpunt het reeds begin.

’n Vergadering wat op 17 Augustus deur die skadebeheerkomitee belê is, is deur mnr. Wilfred Goaseb toegespreek.

Hy het ten tyde hiervan gesê die pad is onnodig en sal ’n spookdorp van Okahandja maak.

Die sakegemeenskap is besorg daaroor dat die verbypad verkeer uit die dorp sal neem, en ’n paar sake-eienaars het aangedui hulle gaan dit onder die munisipaliteit se aandag bring.

“Mense sal Okahandja nie meer besoek nie. Mense sal hul werk verloor en ons munisipaliteit sal uiteindelik afgegradeer word. Wat sal van die skrynwerkers word? Ons leiers neem dit nie ernstig op nie. Ons mense sal altyd belangriker as enige ontwikkeling wees,” het Goaseb gesê.

Tydens Sondag se vergadering het hy gesê hulle sal baklei sodat geen huishouding verskuif hoef te word nie.

Die dorp se uitvoerende hoof, me. Martha Mutilifa, wou nie kommentaar oor die wettiging van die nedersetting lewer nie.

Sy het net gesê “die vergadering was onder politici se toesig en voorsitterskap”.

Mutilifa het nie op vrae oor die sakegemeenskap gereageer nie.

’n Vergenoeg-inwoner, me. Sara Ngairo, het gesê toe hulle van die nuwe pad in Junie of Julie vanjaar gehoor het, het hulle ‘n brief aan Otjozondjupa se goewerneur, mnr. Otto Ipinge, geskryf.

Ipinge het toe onderneem om op 2 September met die gemeenskap te vergader.

Volgens Goaseb het hulle voorbereidings vir die vergadering getref, maar het Ipinge nooit opgedaag nie.

Ngairo sê hulle het hulle tot raadslede gewend, wat ook beloof het om die vergadering by te woon, maar dit nie gedoen het nie.

Volgens haar het inwoners op 12 Julie, tydens pres. Hage Geingob se Otjozondjupa-stadsaalvergadering op Otjiwarongo, ’n geskrewe voorlegging ingedien.

Sy sê die president het onderneem om aandag daaraan te gee.

Nampa het berig Geingob het gesê hy sal ’n span saamstel wat die saak “krities sal bekyk”.

[email protected]

Soortgelyk

 

Teko-trio vrygespreek

6 ure gelede | Howe

Ronelle Rademeyer - Die sakevrou, me. Teckla Lameck, en haar twee vennote, mnre. Yang Fan en Jeroboam (Kongo) Mokaxwa, is vanoggend in die hoërhof in...

Dokters wis nie van voorskrifte

17 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht Geen amptelike kennisgewing is aan lede van die twee grootste verenigings vir dokters in die land uitgestuur oor die herske­dulering van medikasie, insluitende...

Regering kry skuld vir SOE-gemors

17 ure gelede | Regering

Denver Kisting Die regering is 'n swak aandeelhouer.Só het die adjunk- uitvoerende direkteur van staatsdiensondernemings, me. Louise Shixwameni, gister op die ontbytprogram Good Morning Namibia...

Teenstropery: 280 polisielede veg saam

17 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg Altesaam 280 polisielede van oraloor die land word in teenstropingseenhede op 'n driemaandelikse roteringsbasis in die Palmwagkonsessie en die Etosha en Bwabwata Nasionale...

Meer as N$350 000 se goedere kry voete

17 ure gelede | Misdaad

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het skelms Woensdag om 14:00 die venster van 'n voertuig in Windhoek se noordelike nywerheidsgebied stukkend geslaan. Die insittende...

Weer vir 18 September

17 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Baie warm toestande sal oor die binneland voortduur.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Suide, andersins sonnig en baie tot bloedig warm.KUS: Bewolk...

Konferensie fokus op gehalte-onderrig

17 ure gelede | Onderwys

Die Nasionale Raad vir Hoër Onderrig het, in vennootskap met die Namibiese Kwalifikasie-owerheid en die Universiteit van Namibië (Unam), die Universiteit van Wetenskap en Tegnologie...

'n Kolwyntjie vir Nadine

17 ure gelede | Plaaslik

Tanja Bause'n Elfjarige meisie van Windhoek het verlede jaar tydens die Internasionale Dansfees in Suid-Afrika stof in ander deelnemers sê oë geskop, en is hard...

Invaluable experience for Alonso at Lichtenburg

17 ure gelede | Motors

Fernando Alonso and Marc Coma completed an eventful but invaluable learning experience at the Lichtenburg 400 in South Africa on Friday and Saturday with Toyota...