Reuse-eis nu00e1 vrou haar 'doodbloei'
Reuse-eis nu00e1 vrou haar 'doodbloei'

Reuse-eis ná vrou haar 'doodbloei'

'n Dokter het na bewering slegs bevestig dat 'n baba dood­gebore is, sonder om die ma ná die geboorte te ondersoek.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



In die soveelste skadevergoedingseis teen die staat eis 'n vrou van Walvisbaai miljoene nadat haar dogter en kleindogter gesterf het.

Sophia Paula Nghinamwaami se baba­dogtertjie is in die Walvisbaaistaatshospitaal doodgebore, terwyl sy self ná ernstige bloedverlies en hart­versaking 'n paar dae later in die intensiewe­sorgeenheid van die Katutura-­staatshospitaal gesterf het.

Sophia se ma, Milka Lopez, sê in haar verklaring haar dogter is tydens die etensuur op 12 Februarie met kraampyne in die hospitaal op die hawedorp opgeneem. Volgens Lopez het sy 15:45 by die hospitaal opgedaag en haar dogter in erge pyn gevind. Sy beskryf die kraamproses as “baie traumaties” omdat haar dogter “klein gebou” en haar gewig altyd onder gemiddeld vergeleke met ander meisies van haar ouderdom was.

“Ek het altyd gedink sy sal vanweë haar klein postuur waarskynlik deur middel van 'n keisersnee geboorte skenk en nie deur middel van 'n natuurlike, vaginale geboorte nie,” sê Lopez in haar verklaring.

Volgens haar het Sophia tydens die aktiewe geboorteproses ontlas en moes sy haar dogter noodgedwonge skoonmaak, aangesien nie een van die verpleegsters dit gedoen het nie.

Lopez het opgemerk die baba se kop was sigbaar en haar dogter het erg gebloei. Volgens 'n verpleegster was dit glo normaal. Sophia se baba is teen 16:15 doodgebore, met verpleegsters wat die baba probeer bybring het.

“Ek het tussen my dogter en die baba heen en weer gehardloop en opgemerk sy (Sophia) bloei baie erg, met haar bed deurweek van die bloed.”

Verpleegsters het Lopez ingelig haar kleindogter is dood en het 'n dokter gaan roep om dit te bevestig. Die dokter het volgens haar verklaring die baba ondersoek, haar dood verklaar en die kamer verlaat. “Hy het nie een keer in my dogter se rigting gekyk of haar ­ondersoek nie. Dit was daardie beslissende oomblik wat ek my dogter verloor het.”

Teen 18:45 het haar dogter steeds erg gebloei en het sy volgens Lopez steeds geen mediese aandag ontvang nie. Die verpleegster wat probeer het om haar geskeurde labia te herstel, het op­gemerk Sophia was “erg beseer”, met die bed wat deurdrenk was van die bloed wat steeds uit haar geloop het.

“Geen dokter het ooit gekom om haar te ondersoek nie. Sy was baie swak en bleek, en was fisiek en emosioneel in pyn.”

Teen 21:00 kon Sophia skaars praat en het haar bloeddruk ook geweldig geval. Pleks van 'n dokter roep, het die verpleegster Sophia op haar drup gelos en met haar saalrondes voortgegaan.

Volgens Lopez het 'n dokter Sophia eers 21:45 ondersoek en besluit sy moet teater toe geneem word. Haar dogter het 'n bloedoortapping ontvang kort nadat sy uit die teater gekom het, maar het nooit haar bewussyn herwin nie.

Sy is na die Katutura-­staatshospitaal oorgeplaas waar sy op 16 Februarie in die intensiewesorgeenheid dood is.

Deel van die hofstukke is 'n verklaring deur dr. Nadine Agnew van Windhoek en wat gebaseer is op mediese rekords soos verskaf deur me. Sharen Zenda. In haar verklaring sê Agnew Sophia se dogtertjie is om 16:15 doodgebore, met 'n dokter wat om 17:00 die tyd van dood bevestig het.

“Die dokter het nooit die oorledene (Sophia) ondersoek nie, ondanks die feit dat sy geboorte aan 'n doodgebore baba geskenk het,” lui die verklaring.

Volgens Agnew het Sophia “post partum-bloeding weens 'n vaginale skeur” ontwikkel. Teen die tyd wat sy in die teater opgeneem is, het sy reeds hartversaking met 'n abnormale lae bloeddruk en ernstige bloedarmoede gehad.

“Die oorledene is vir verskeie ure sonder behandeling gelaat voordat sy voldoende mediese behandeling ontvang het.”

Agnew se verklaring lui voorts “die oorsaak van die oorledene se dood was hartversaking en komplikasies as gevolg van bloeding weens 'n vaginale skeur wat nie behandel is nie”.

Volgens Agnew het sy “verskeie gevalle van mediese nalatigheid” in die oorledene se mediese rekords gevind. Sy verwys onder meer na die dokter wat die doodgebore baba ondersoek het, maar “wederregtelik en nalatig” nie die toestand van die oorledene bepaal het wat geboorte aan 'n doodgebore baba gegee het nie. Dit ondanks die feit dat hulle in dieselfde kamer en deur net 'n gordyn geskei was.

Lopez eis skadevergoeding van N$2,3 miljoen. Die saak is tot 4 Junie vir 'n voorverhoor uitgestel.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.69 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.19 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 319.37/OZ UP +0.13% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.26% | Zinc US$ 2 863.40/T UP 2.03% | Brent Crude Oil US$ 87.34/BBP DOWN -0.0075 | Platinum US$ 898.45/OZ DOWN -0.0041 Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.69 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.19 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 319.37/OZ UP +0.13% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.26% | Zinc US$ 2 863.40/T UP 2.03% | Brent Crude Oil US$ 87.34/BBP DOWN -0.0075 | Platinum US$ 898.45/OZ DOWN -0.0041