Respek vir oueres toe nie
Respek vir oueres toe nie

Respek vir oueres toe nie

Catherine Sasman
Catherine Sasman - Jare gelede het ek saam met 'n paar jong Nederlandse joernaliste gewerk wat hoofsaaklik vir 'n lekker geborgde Afrika-avontuur gekom het.

Hulle was 'n plesierige klomp: Jonk, gretig, het met 'nuwe oë' na ons en ons wêreld gekyk, en was altyd beleefd. Hulle was egter glad nie op hul mond geval nie en het jou vinnig laat verstaan waar Dawid die wortels begrawe het, sou jy hulle die dag verkeerd opvryf of wanneer hulle nie met jou saamstem nie.

Die manier van hul verset was vir my nogal 'n kultuurskok. Baie kere het hul bekkigheid my geheel en al onkant gevang, want hier het ons mos 'n gevoelentheid vir respek vir 'die oueres', iets wat ek glad nie dink is altyd 'n gesonde ding nie.

Die Nederlandse (groot) kinders kon hulle nie eintlik veel kwel oor jou gevoelentheid nie, nie net omdat hulle hul vryheid van spraak as vanselfsprekend beskou nie. Maar moenie dink hulle het veel agting vir 'die oueres' se gesag nie. Vir hulle is dit alkant selfkant.

Ek het verskeie kere my verontwaardiging oor hul skynbare disrespek gesluk, versigtig om nie die mense te veel in die gesig te vat nie. Ek't baie kere gedink: “Jislaaik, jy moet vasgevat word, jou snotneus!”

Dinge het darem nooit so ver gegaan nie; ek het eintlik baie daaruit geleer.

Ek het geleer dat die deursnee Nederlander gewoonlik uit die heup skiet op só 'n manier wat dit baie duidelik maak hulle dink almal is op gelyke voet, finish en klaar. Hulle sê 'n ding op die man af, draai nie doekies om nie.

Ek het dit nogal begin waardeer en besef dit is eintlik verfrissend en heel gepas vir 'n gesonde, gebalanseerde samelewing.

As ons in Suider-Afrika miskien meer van die “gesag-se-voet”-houding gehad het, sou dinge moontlik nie so lelik in Zimbabwe (wat ons seker nou kan gebruik as gerieflike voorbeeld oor die dramatiese gebeure) uitgedraai het nie.

Omdat Zimbabwiërs vir so lank onder 'n despotiese bewind gelewe het, praat mense nie reguit nie. Alles word in eufemismes omskryf. Hulle praat in kode.

Daar word vandag nie gepraat van 'n militêre staatsgreep nie; dis demokratisering. Natuurlik is die wisselwerking tussen die swakbetaalde soldate en die onderdrukte massas genuanseerd en het die potensiaal om in iets heeltemal anders te ontaard as wat die Groot Krokodil en sy luitenante beplan het.

My punt is: Hoewel dit simplisties mag wees, sal die manier hoe mense met gesag handel deurslaggewend wees.

As dinge nie baie vining, baie drasties vir die gewone Zimbabwiërs verander nie, sal dit 'n bevestiging wees dat die Groot Krokodil en sy voetsoldate bloot weer die nasie se energie misbruik vir eie gewin, bloot omdat hulle nie kans sien dat Gucci Grace en haar G40-vleuels – die weermag se ou pêlle – die oorhand kry nie.

Intussen praat almal steeds in 'kodetaal'. Hoor bietjie: Met die eerste uitsending oor die staatsgreep sê die weermag dat Gucci Grace en haar G40-manne 'n kabaal van korrupte bandiete is.

Die punchline egter is dat hulle nie struggle credentials soos die (ewe korrupte) ou garde het nie, maar dít hoef nie genoem te word nie, want almal verstaan dat struggle credentials snelskrif is vir 'net ons het die reg om te eet', of 'ons het méér gely as ander en net ons het die reg om die land se melk en heuning te geniet'.

Hier word bloot gesê: “Where were YOU?” As dít vir jou gesê word, moet jy weet dat jy nie die regte geloofsbrief het vir voluit en volledige burgerskap nie; jou status nou, oor die sondes van jou vader, is tweedeklasburgerskap en jy moet nog dankbaar daarvoor ook wees.

In die tussentyd, terwyl die kamerade mekaar verorber, moet gewone Jannie en Sannie respek vir die oueres toon, soos Zimbabwiërs wat vir jare hul stilswye behou het oor belaglike verklarings soos “Mugabe knows” op 'n banier voor staatshuis. Punt. Oor en uit.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!