Reserwebank: Só lank het vorige presidente gedien

12 July 2019 | Ekonomie
Nellie Brand-Jonker - Lesetja Kganyago is pas vir nog vyf jaar as hoof van die Reserwebank deur pres. Cyril Ramaphosa aan­gestel.

Te oordeel na die vorige presidente van die Reserwebank se termyne, is dit nie ongewoon nie.

Sy nuwe vyf-jaar-termyn begin in ­November. Hy is aanvanklik in ­November 2014 deur pres. Jacob Zuma vir vyf jaar aangestel.

Kganyago was sedert Mei 2011 'n ­adjunkhoof van die Reserwebank, nadat hy sedert 1996 direkteur-generaal van nasionale tesourie was.

Kganyago se voorgangers

• Kganyago het in 2014 by Gill Marcus oorgeneem toe haar termyn verstryk het. Sy is in November 2009 aangestel en het dus net vir vyf jaar gedien.

• Tito Mboweni was van Augustus 1999 tot 8 November 2009 hoof van die ­Reserwebank, dus ook vir twee termyne.

• Dr. Chris Stals het van Augustus 1989 tot Augustus 1999 gedien, dus vir twee termyne.

• Dr. Gerhard de Kock was president van die Reserwebank van Januarie 1981 tot Augustus 1989. Hy is die enigste persoon tot dusver wat in dié tuig dood is.

• Dr. Theunis Willem de Jongh was van 1967 tot einde Desember 1980 13 jaar lank in die pos.

• Dr. Gerard Rissik was van Julie 1962 tot 30 Junie 1967 vir net vyf jaar in die pos.

• Dr. Michiel de Kock (Gerhard de Kock se pa) het van Julie 1945 tot 30 Junie 1962 in die pos gedien.

• Dr. Johannes Postmus was van 1 Januarie 1932 tot 30 Junie 1945 in die pos.

• William Henry Clegg was die eerste president van die Reserwebank en het van Desember 1920 tot Desember 1931 in die pos gedien.

- Netwerk24/Bron: Reserwebank

Soortgelyk

 

Geingob: Kabinet sien mense se woede oor kurrupsie

1 dag gelede | Regering

Pres. Hage Geingob het vanoggend vanjaar se die laaste kabinetsvergadering gelei.Hy sê die land se topleierskap is bewus van die huidige korrupsiestorm in die visbedryf,...

Von Bach, Daan Viljoen kry water

1 dag gelede | Omgewing

Die Von Bachdam is nou 2,5% voller as Maandag. Teen 09:00 vanoggend het 3,4 m³ water die dam elke sekonde binnegevloei. NamWater het pas ’n...

NHE to build houses in informal settlement

2 dae gelede | Infrastruktuur

The National Housing Enterprise (NHE) has embarked on a pilot study for the construction of houses for qualified land owners living in informal settlements.Speaking at...

Crafting a future

2 dae gelede | Mense

Elizabeth JosephFrancois Wahl studied B.Acc at Stellenbosch University and is a qualified chartered accountant. Since taking the seat as the CEO of Nictus Furnishers, he...

Oordragplanne van Hatuikulipi’s gefnuik

2 dae gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer - Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) het gistermiddag by die aktekantoor in Windhoek beslag gelê op dokumente vir die oordrag van 15 deeltiteleenhede op Swakopmund...

Waarskuwing: Swaar storms tot Saterdag

2 dae gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl ’n vrou van Otjiwarongo Woensdag gesterf het toe reënwater haar meegesleur het, waarsku die Namibiese weerkantoor nog swaar storms kan tot...

Highly mechanised

2 dae gelede | Mense

Justicia Shipena Vivacious Marco Swart is a mechanical technician in the packaging engineering department at Namibia Breweries Limited (NBL) - a subsidiary of the Ohlthaver...

Compassion is the new fashion

2 dae gelede | Mense

Evany van WykMarizelle Pienaar lives by the motto, “the more you have to do, the more you get done.” She believes in being a balanced...

Never say never

2 dae gelede | Mense

Mariselle StofbergHester Uushona is a firm believer that being average in life is not an option. She strives towards making her mark while providing others...