Resep van die week

Koek met beet, gemmer en suurroom
Lloyd Zandberg
Wat is beter as koek? Ongewone koek gemaak van beet en gegeur met gemmer!

Jy benodig vir 6-8 mense:

75 g okkerneute (pekanneute werk ook), gehalveer200 g koekmeel150 g strooisuiker10 ml bakpoeier2 ml koeksoda2 ml sout2 medium rou beet, geskil en grof gerasper (250 g)Fyngerasperde skil van 1 lemoen, sowat 15 ml100 g ingelegde gemmerstukke, fyngekap (stem ginger)2 groot eiers60 g suurroom125 ml sonneblomolie1 groot vitamien C-bruistablet (1 x 500 mg), verpoeier (opsioneel)

Versiersel

150 g roomkaas teen kamertemperatuur60 g versiersuiker, gesif70 ml dubbelroom6 cm stuk vars gemmer, fyngerasper in ’n fyn sif, sap uitgedruk sodat jy sowat 20 ml gemmersap het.

Maak dan só:

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer en voer ’n ronde 20 cm-koekpan uit.

Sprei neute op ’n bakplaat uit en rooster tot geurig, sowat 10 minute. Verwyder en kap op in 1 cm-stukke. Hou eenkant.

Verhoog die oondtemperatuur tot 195 °C.

Plaas die meel, suiker, bakpoeier, koeksoda en sout in ’n groot mengbak. Klits om te meng en lug in te werk. Voeg die beet, lemoenskil, neute en gekapte ingelegde gemmer by, maar moenie roer nie.

Plaas die eier en suurroom in ’n aparte mengbakkie. Klits deur.

Voeg die olie en die verpoeierde vitamientablet (indien gebruik) deur en meng weer. Voeg die mengsel by die beetmengsel en roer deur met jou hande of ’n groot spatel tot behoorlik deurgemeng.

Giet die beslag in die koekpan en bak in die middel van die oond vir 50-55 minute of totdat ’n toetspen (in die middel ingedruk) skoon uitkom.

Haal uit die oond en laat 30 minute in die pan afkoel.

Keer uit die pan uit op ’n draadrak en laat heeltemal afkoel. Hou die bakpapier aan indien jy nie die koek dadelik gaan eet nie – dit hou die koek klam.

Versiersel

Plaas die roomkaas in ’n elektriese klitser se mengbak en klits met die spaanhegstuk tot glad, sowat 10 sekondes. Voeg versiersuiker by en klop tot goed gemeng. Voeg room by, klop 1 minuut tot dik en glad. Voeg gemmersap by en klits ’n paar sekondes tot gemeng. Smeer die mengsel met ’n paletmes oor die bokant van die koek en bedien.

Nota: Die byvoeging van ’n vitamien C-bruistablet help om die beet se kleur te behou.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!