Republikein se jare lange taalman groet
Errol Hurter, Republikein se subredakteur vir langer as 20 jaar, is Saterdagaand in die intensiewesorgeenheid van 'n private hospitaal in Windhoek oorlede.
Hy het Dinsdag 'n operasie ondergaan, waarna komplikasies ingetree het.
Hurter (76) het ná 'n loopbaan in die staatsdiens in 1995 by die koerant as subredakteur aangesluit. Des Erasmus het sy werwing en opleiding behartig.
Hy het vroeër vanjaar afgetree en was daarna steeds daagliks informeel betrokke met raad oor die koerant se taal en styl. Tydens sy betrokkenheid van meer as twee dekades was “Oom Errol”, soos jonger joernaliste na hom verwys het, instrumenteel in die daarstelling van 'n taal- en stylgids wat steeds nagevolg word.
Vir die bebaarde senior subredakteur is daar lig getrap deur groentjies. Maar agter sy streng “reg-of-weg”-benadering tot die taal was daar ook 'n man met 'n groot hart en hope humor. Die opleiding van junior joernaliste was vir hom 'n passie.
Tydens sy afskeid vanjaar is spesiale erkenning gegee aan die groot opoffering wat sy vrou, Claudia, moes maak weens ontelbare laat aande en naweke wat hy aan sy werk toegewy het.
In 'n skrywe oor sy loopbaan het Hurter ná sy aftrede neergepen: “Wat 'n interessante reis, selfs tot vandag toe, was dit nie.” Hy vertel onder meer van die lang liniaal en rooi “China marker” waarmee bladsye destyds beplan is. Hierdie skrywe sal op 1 Desember verskyn in die spesiale byvoegsel ter viering van Republikein se 40ste bestaansjaar.
Hurter het ook lank die versorging en Afrikaanse vertalings vir Gondwana se geskiedenisreeks behartig. Hy word benewens Claudia oorleef deur sy twee seuns, Clifford en Mark, en drie kleinkinders. Begrafnisreëlings sal later bekend gemaak word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie