Repokoers: Ekonome verwag geen verandering
Repokoers: Ekonome verwag geen verandering

Repokoers: Ekonome verwag geen verandering

Hoewel die rand die afgelope ses maande kop opgetel het, waarsku ekonome dit gee waarskynlik nie genoeg skietgoed aan die Reserwebank om die repokoers te verlaag nie.

Volgens ’n Reuters-peiling voorspel 17 van die 20 deelnemende ekonome dat die repokoers onveranderd gehou sal word op die monetêrebeleidskomitee se vergadering op 18 Januarie.

Die rand, wat tans teen sowat R12,43 teenoor die dollar verhandel, het die afgelope ses maande met sowat 8% verstewig.

Veral adj.pres. Cyril Ramaphosa se verkiesing tot ANC-president in Desember het die rand ondersteun.

Drie ekonome voorspel wel dat die repokoers, wat tans 6,75% is, met 25 basispunte verlaag sal word.

Jeffrey Schultz, ekonoom by BNP Paribas in Johannesburg, meen egter die Reserwebank gaan wag tot ná die begrotingsrede in Februarie om te sien of die tesourie genoeg gedoen het om Moody’s Investors Service tevrede te stel.

Standard & Poor’s Global Ratings het Suid-Afrika se skuld in rand in November tot onder beleggingsgraad afgegradeer. Moody’s het sy besluit op hersiening vir ’n afgradering geplaas.

Die Reserwebank het die repokoers in Julie onverwags, vir die eerste keer in vyf jaar, verlaag. Hy het toe gesê die rede daarvoor was swak ekonomiese groei en minder inflasiedruk.

Inflasie gaan na verwagting sowat 5,1% in 2018 en 5,4% in 2019 beloop, teenoor die onderskeidelik 5,2% en ook 5,4% wat die ekonome in die vorige Reuters-peiling voorspel het.

Christopher Shiells van Informa Global Markets sê as die nuwe ANC-leierskap nog ’n afgradering kan help keer en as die rand stabiel bly, kan die Reserwebank nog ’n verlaging oorweeg as laer inflasiedruk verwag word.

Moody’s sal na verwagting in Maart ’n besluit oor Suid-Afrika se kredietgradering neem afhangende van wat in die begrotingsrede gesê word.

“Ramaphosa se eerste besluite as ANC-president sal ook deurslaggewend wees vir die Reserwebank se siening van risiko,” sê Schultz.

Die peiling wys die meeste ekonome verwag nie dat die uitleenkoers voor 2021 verlaag gaan word nie.

Die ekonome verwag die ekonomie sal met 1,3% in 2018 groei (effens hoër as die 1,2% wat in die vorige peiling voorspel is) en met 1,6% in 2019. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!