Renosterwesies is maats
Dit gaan baie goed met die twee renosterkalwers, die witrenosterversie Elfie en die swartrenosterbulletjie Chobe, wat verlede jaar wees gelaat is nadat hul ma's deur stropers afgemaai is. Dié twee loop saam in 'n kamp van 80 hektaar by 'n veilige hawe onder die voortdurende toesig van twee oppassers. “Die naam van die veilige hawe word geheim gehou weens die bedreiging van renosterstropers. Die plek, met sy toegewyde en ervare eienaars en personeel, verskaf egter die veiligste hawe om na hierdie wesies om te sien,” sê mnr. Jaco Muller van Help our Rhinos Now Namiba (HoRN.nam). Hy bedank elke individu en maatskappy vir hul ondersteuning ten opsigte van melk vir die wesies. Albei sal nog vir minstens 'n jaar lank melk gevoer word waarna hulle weer in die natuur vrygelaat sal word. Tot dan sal hulle nog sowat 16 000 liter melk drink en daarna lusern en lusernblokkies eet. Foto verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie