Renosterspesialiste soek dringend oplossings

Land sedert 2012 hard gelooi

07 February 2019 | Omgewing
Francoise Steynberg op Gross Barmen - Die Wêreldbewaringsorganisasie (IUCN) se Afrika- Renosterspesialisgroep (AfRSG), wat tans 'n week lange konferensie hou, moet dringend oplossings vir renosterstropery vind.

Só sê die adjunkminister van die omgewing en toerisme, me. Bernadette Jagger, wat die 13de konferensie van dié spesialisgroep Dinsdag amptelik by Gross Barmen buite Okahandja geopen het.

Die spesialisgroep bestaan uit 50 lede en 45 afgevaardigdes uit Afrikalande soos Namibië, Botswana, Angola, Zimbabwe, Zambië, Suid-Afrika, Kenia, Mosambiek, Malawi, Tanzanië en eSwatini (voormalige Swaziland) woon dit ook by.

"Die missie van die Afrika- Renosterspesialisgroep is die bevordering van die ontwikkeling en langtermynonderhoud van Afrika-renosterbevolkings in die natuur," het Jagger gesê.

"Ons doelwit as renosterbewaarders is om voort te gaan om renosterbevolkings in die natuur te laat groei. Dít kan nie bereik word as ons in isolasie werk nie."

Jagger sê daar moet samewerking oor grense heen en tussen instellings en organisasies wees.

“Deur samewerking kan ons 'n verenigde front teen die aanslag van wildmisdaad skep om hierdie majestueuse diere vir toekomsgeslagte te bewaar," het sy gesê.

Sy het vertel Namibië is sedert 2012 hard met renosterstropery geslaan, met 97 renosters wat in 2015 gestroop is.

"Sedertdien het Namibië 50 renosters per jaar weens stropers verloor."

Volgens Jagger kan die afname in stropery sedert 2015 toegeskryf word aan die gekombineerde sekuriteitspogings van die Namibiese weermag (NDF), die Namibiese polisie, private renostereienaars en die ministerie van die omgewing en toerisme.

"Die Namibiese regering en renostereienaars moet voortdurend saamwerk om stropingsvlakke laag te hou. Ondanks die aanslag van stropers het bevolkings van wit- en swartrenosters aangehou groei."

Sy het gesê Namibië se swartrenosterbevolking staan tans op meer as 2 000 en witrenosters op meer as 1 000.

"Dit strook met die nasionale renosterstrategie se visie dat renosters hervestig word in lewensvatbare, gesonde renosterbevolkings wat in hul vorige habitat aanteel en volhoubaar gebruik word," het Jagger gesê.

"Tydens hierdie konferensie moet julle koppe bymekaar sit, beplan en met werkbare aanbevelings en implementeerbare strategieë na vore kom om renosterstropery te voorkom. Volgende keer moet gekyk word of die strategieë gewerk het of nie, en of 'n duik in renosterstroprey gemaak is."

Jagger het gemaan daar moet seker gemaak word stropers word uit Namibië se beskermde gebiede gehou.



AfRSG se lede bestaan uit 'n amptelike verteenwoordiger van elke land en ander spesialiste.

Mnr. Piet Beytell is die Namibiese ministerie van die omgewing en toerisme se koördineerder van renosterkwessies.



Die groep ontwikkel beste praktyke vir renosterbewaring en het 'n aksieplan vir die bewaring van renosterspesies in Afrika ontwikkel.

Hulle vergader elke twee jaar en deel kennis en inligting, versamel renosterbevolkingsyfers vir die vasteland en werk dit by, en bespreek kwessies oor renosterbewaring.

Soortgelyk

 

Honderde miljoene vir veevoer nodig

21 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - Die 2019 droogte is ‘n omvangryke ramp en ten minste N$170 miljoen is nodig om net 5 persent van die nasionale veekudde...

Min of geen handboeke vir nuwe leerplan

21 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Óf drupsgewys óf glad nie. Dit is volgens verskeie skole oraloor die land die huidige stand van handboeke vir die nuwe leerplan...

Regional council must account for vandalised buildings

21 ure gelede | Infrastruktuur

AUSSENKEHR – The //Kharas Regional Council must account for government buildings that are vandalised and left to become white elephants, the minister of urban and...

Swapo beslis dorpsraadslede se lot

21 ure gelede | Politiek

Dorpsraadslede van Okahandja en Rundu moes Maandag ure lank by Swapo se hoofkantoor in Windhoek wag om te hoor wat hul lot is. Verskeie nasionale...

Groeiende stad druk rioolstelsel

21 ure gelede | Infrastruktuur

Elvira Hattingh - Die Windhoekse munisipaliteit erken sekere rioolpype in die stad moet opgradeer word om die groeiende getal stadsbewoners te akkommodeer. Terselfdertyd beloof hulle...

Weer vir 19 Februarie 2019

21 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Bloedige hittetoestande word vir die res van die week in die binneland verwag.BINNELAND: Mooiweer en bloedig warm in die ||Kharasstreek. Elders sal dit gedeeltelik...

Gammams staan steeds stil

21 ure gelede | Regering

Elvira Hattingh – Windhoek se munisipaliteit (CoW) sê hul Gammams-watersuiweringsaanleg staan steeds stil nadat swaarbrandstofolie meer as twee weke gelede in die stad se rioolstelsel...

‘Vroue is sterk’

21 ure gelede | Maatskaplik

Mariselle Stofberg – TrueKrav Namibia het Donderdag, in samewerking met die Namibiese Vrouevereniging en Kosmos, ’n praatjie oor geslagsgeweld in die hoofstad aangebied.TrueKrav bied...

Namcor wil vry van sekere wette wees

21 ure gelede | Energie

Elvira Hattingh - Namibië se Nasionale Petroleumkorporasie (Namcor) het ‘n aansoek by die Namibiese Kompetisie-kommissie ingedien om vir die volgende 10 jaar vrygestel te wees...