Renosters gestroop, kalfie soek

Frank Steffen
Frank Steffen – ‘n Renosterkalfie is steeds soek nadat haar ma, wat met die hand grootgemaak is, en nóg ‘n witrenoster die afgelope naweek op ‘n gasteplaas gestroop is.

‘n Hartseer mnr. Joachim Rust van Ghaub Nature Reserve & Farm het gister vertel hoe hulle die tweejarige Zanna in 2014 as ‘n kalfie gered en met ‘n melkbottel moes grootmaak. Zanna se ma het ná swaar reën in diep modder op ‘n plaas naby Waterberg vasgeval en is van uitputting dood.

Zanna se karkas is Sondag in die veld gevind. Sy is geskiet en onthoring. Haar kalfie van 18 maande kon nie opgespoor word nie.

Terwyl hulle na die kalfie gesoek het, het hulle die karkas van nóg ‘n renosterkoei, genaamd Grosse Kuh, gevind. Ook sy is in die maag geskiet.

PYNLIKE DOOD

“Volgens die spore het die swaargewonde Grosse Kuh van die stropers probeer vlug en in die bos weggekruip, waar sy ‘n pynlike dood gesterf het,” het Rust gesê.

Ook Grosse Kuh het ‘n kalfie gehad. Sy is intussen gevind en loop nou saam met haar ouer broers.

Beide Grosse Kuh en Zanna se kalfies was nog nie gespeen nie.

“Niemand kan werklik begryp hoeveel moeite, tyd en geld ons aan die bewaring van renosters bestee nie – en dit tydens die Covid-pandemie wat ons soveel skade berokken het,” het Rust gesê.

Hy het ‘n beloning van N$50 000 uitgereik vir enige leidrade wat tot die inhegtenisneming en suksesvolle skuldigbevinding van die stropers lei.


FOTO’s
Die karkas van Zanna, die tweejarige renosterkoei wat met die hand grootgemaak is. Foto's Verskaf

Zanna en haar kalfie wat steeds soek is nadat stropers haar ma geskiet en onthoring het.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!