Renosterkoei voorheen ook stropers se teiken

Vyf verdagtes in hof

17 July 2017 | Omgewing
Des Erasmus - Dit was die tweede keer dat ‘n witrenosterkoei vir haar horing op ’n wildplaas tussen Omaruru en Kalkfeld deur stropers geteiken is. In die eerste aanslag verlede jaar is die spogdier gekwes en op wonderbaarlike wyse deur bewaringsinstansies deurgehaal. Voorverlede week was dit die einde toe weer toegeslaan is, die koei doodgeskiet is, haar horing verwyder is en die karkas van die hoogdragtige dier in die veld laat lê is.
Dié inligting is deur betrokkenes op die gebied van bewaring aan Republikein verstrek ná die inhegtenisneming van vyf beweerde stropers kort voor hul eerste verskyning Vrydag in die landdroshof op Omaruru. Getuienis is nie aangebied nie en die saak is uitgestel met al vyf mans wat in aanhouding bly.
Die inhegtenisnemings is Dinsdagaand en vroeg Woensdagoggend op Otjiwarongo uitgevoer.
Onder die aangehoudenes is ‘n beweerde lid van die Namibiese lugmag en ‘n voormalige soldaat van Walvisbaai.
Op laasgenoemde se identiteitsdokument word hy steeds as lid van die weermag aangedui.
In verlede jaar se aanval deur stropers is die koei gekwes. ‘n Helikopter is onder meer gebruik om haar op te spoor en daarna het veeartse haar wonde behandel en is sy deurgehaal.
Tydens die inhegtenisnemings op Otjiwarongo is beslag gelê op geld wat blykbaar reeds vir die horing betaal is, maar dit is nie bekend of dit die volle bedrag is nie. Die horing was glo reeds in besit van ‘n oorsese koper - glo ‘n man van Oosterse herkoms.
Die ondersoek gaan voort.

Soortgelyk

 

Endjala se jammer nie goed genoeg – Geingob

22 ure gelede | Politiek

Pres. Hage Geingob het die goewerneur van die Omusatistreek, mnr. Erginus Endjala, opdrag gegee om “ondubbelsinnig en onvoorwaardelik” verskoning te vra vir die stamgerigte uitlatings...

Nuwe regulasies vir myn van sand, gruis

1 dag gelede | Plaaslik

Die Windhoekse munisipaliteit het tydens hul jongste stadsraadsvergadering hul nuwe beleid oor die myn van sand en gruis binne die uitgebreide grense van die hoofstad...

Namibië nié middelpunt vir mensehandel

1 dag gelede | Howe

Verskeie inisiatiewe wat fokus op mensehandel en vir die volgende drie jaar sal duur, is huidig in Namibië onderweg. Volgens die adjunk eerste minister van...

Vier sterf in grubotsing met vragmotor

1 dag gelede | Ongelukke

Vier persone is Vrydag omstreeks 01:00 in 'n kop-teen-kopbotsing 60 kilometer buitekant Otjiwarongo op die Otavi-pad dood. 'n Sedanvoertuig met vier insittendes het teen 'n...

Vang vis vir 'net' N$50

1 dag gelede | Omgewing

Estelle de BruynGoeie nuus vir hengelaars wat net af en toe die lyne gaan natmaak, is dat hulle nie 'n maandpermit van N$1 500 hoef...

Spoed op Westelike verbypad gebriek

1 dag gelede | Ongelukke

Tanja Bause - Motoriste wat van die Westelike verbypad in Windhoek gebruik maak, se maksimum spoed sal van Dinsdag 1 Augustus af 80 km/h wees....

Wiel van geregtigheid draai stadig vir Teko-trio

1 dag gelede | Howe

Jacqueline Louw Regter Christie Liebenberg, die nuutaangestelde regter in die verhoor van me. Teckla Lameck en mnre. Kongo Makaxwa en Yang Fan, het gister verhoordatums...

Weer, Vrydag 28 Julie 2017

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm. Winderige toestande sal oor die binneland heers.KUS: Gedeeltelik bewolk en matig in die noorde met miskolle in die...

Swartbooi bedank uit Swapo

1 dag gelede | Politiek

Catherine SasmanDie uitgeskopte Swapo-parlementslid, mnr. Bernadus Swartbooi, het op ‘n amper triomfantelike manier sy uittrede uit die regerende party aangekondig, maar het bespiegelinge dat hy...