Renosterkarkas word leeus se bosfees

Jo-Mare Duddy Booysen
Des Erasmus

’n Geveg tot die dood tussen twee swartrenosterbulle het in ’n vleis­fees vir drie leeumannetjies van die Etosha-wildtuin geëindig.
In die proses het dit vroeg Sondagoggend vir sowat twintig oorsese toeriste ’n skouspel geword wat net die Afrika-vasteland, Namibië in die besonder, kan bied.
’n Voorspel tot die velddrama was ’n verwoede geveg tussen twee renosterbulle wat Saterdag op die kringradio van die wildtuin aangemeld is. Brokke van die verhaal dui daarop dat die bul met twee pragtige neushorings in ’n erg beseerde toestand tot by die Chudop-watergat sowat 5 km buite die Namutoni-ruskamp aangesukkel het waar die dood waarskynlik vroeg Sondagoggend ingetree het.
Een van die eerste toeristegeselskappe wat op die toneel afgekom het, was die van Werner von Seydlitz van Immenhof Safari’s met hul hoofkwartier juis op Immenhof, ’n plaas tussen Omaruru en Kalkfeld. Hy het as toerleier vir toeriste uit Duitsland opgetree en die watergat bekend as Chudop was hul eerste stilhouplek nadat hulle voordag van ’n herberg net buite die wildtuin vertrek het. Von Seydlitz skat dit was omstreeks seweuur Sondagoggend toe hulle op die rare verskynsel van die Afrika-bos afgekom het.
In die Von Seydlitz-geselskap was ook ’n gids van die Mushara Lodge.Die volgroeide swartrenosterbul het by Chudop-gat teen die waterkant gelê. Die karkas was nog vars met drie jong leeumannetjies wat bloedbevlek met hul feesmaal besig was. In daardie stadium het hulle reeds aan een van die dik boude van die renoster begin vreet, maar die maagwand was nog nie oopgeruk nie. Ondanks die teenwoordigheid van die mense het die leeus nooit ver van die karkas beweeg, maar hulle het soms wel by hul geskenkte stapel vleis gespeel.
Terwyl die leeus se volle aandag by die logge stuk vleis was, het ’n eerste natuurbewaarder ook sy opwagting gemaak. Hy het tot naby gery en per selfoon van sy vonds laat weet. Daarna het ’n tweede bakkie gekom met twee vroue wat agter op die oop bak met net traliewerk gestaan het. Toe het nog drie voertuie gekom met Etosha-personeel, maar onder wie ook polisiemanne.
Vir die toeriste uit die buiteland het dit gelyk of die wildtuinpersoneel die leeus van hul prooi wil verdryf. In die proses is selfs van die voertuie geklim en te voet beweeg met ’n bestorwe sebratrop wat in die agtergrond gestaan het. Die toeriste het ook optrede bevraagteken toe met die ligte van die amptelike bakkies op die leeus geflits is. Daar is gevra hoekom die kop van die dooie dier nie maar afgesny en verwyder kon word nie vir die roofdiere self wat die opruimingswerk om die karkas kon kom doen nie. Dit kon bydra tot onkoopbare publisiteit vir die toerismebedryf.
Die kopstuk met die kosbare neushorings is blykbaar wel later verwyder.
Lede van die eerste toeriste op die toneel het van die personeel se optrede nie as baie professioneel bestempel nie.
Von Seydlitz het aan Republikein gesê hy het toe verkies om met sy geselskap verder te ry. Nadat ’n toeristeroete gevolg is, was hulle omstreeks elfuur die oggend terug by Chudop. Toe was daar ook ’n ­padskraper by die watergat. Hy vermoed maar dit was gebruik om die karkas van die logge dier ’n entjie van die waterkant tot agter ’n bos te sleep.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!