Renosterkarkas en –horing gekonfiskeer

09 September 2020 | Misdaad
Francoise Steynberg - Drie Namibiese mans is verlede week in verband met renosterstropery en twee oor horingsmokkelary in hegtenis geneem.


Volgens die weeklikste wildmisdaadverslag van 31 Augustus tot 6 September van die Namibiese polisie en die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, is altesaam tien vermeende wildmisdadigers in hegtenis en ses nuwe sake aanhangig gemaak. geneem.

Mnr. Esra Kariripi, Jamunika Tukki Turitjo en Uatjitavi Lambard Turitjo is verlede Maandag by Okahao vasgetrek en beslag is op ‘n renosterkarkas, ‘n .303-jaggeweer en 23 patrone gelê.

Mnre. Jonas Indongo Valombola en Stein Iipinge Shikomba is Vrydag by Omungwelume glo met ‘n renosterhoring in hul besit in hegtenis geneem.

By Okahao is mnr. Uatondasana Delina Tjaritje verlede Maandag glo met 142 ietermagogskubbe vasgetrek.

Mnre. Lukas Kandware en Diaas Mangundu is verlede Woensdag op Ndiyona glo met ‘n koedoekarkas in hul besit in hegtenis geneem.

Verlede Donderdag is mnr. Vilho Shishitwomunhu na bewering met ‘n steenbokkarkas in sy besit by Onandjamba in hegtenis geneem.

By Kamanjab is mnr. Isascar Gaingob verlede Maandag in hegtenis geneem en beslag is op nege stukke vleis van ‘n sebra, ‘n .308-jaggeweer en ‘n .22-geweer gelê.

Soortgelyk

 

Min kans vir vlieg na SA

11 ure gelede | Toerisme

Ronelle Rademeyer - Hoewel Suid-Afrika Donderdag sy grense vir besoekers uit goedgekeurde lande, waaronder Namibië, heropen, moet Namibiërs vir eers verlief neem met die feit...

Remaining powerful through education

11 ure gelede | Mense

Ester Kamati With a key interest in space science and the history of science, watching videos on these topics is Hosea Hashili’s favourite pastime. Hasili...

Weer, Dinsdag 29 September 2020

11 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm, maar baie warm in die Noorde. Enkele wolke sal na verwagting oor die Zambezistreek voorkom.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Vroeggebore tweeling sterk goed aan

11 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Twee maande nadat hulle te vroeg op 27 weke in die Lady Pohamba Private Hospitaal in Windhoek gebore is, kan die ouers...

Nuwe Fenata-voorsitter vanuit ontluikende toerismebedryf

11 ure gelede | Toerisme

Francoise Steynberg - Geskiedenis is gemaak toe die nuwe voorsitter van die Namibiese Toerismevereniging (Fenata), me. Netumbo Nashandi, vir die eerste keer uit die geledere...

Onopgeloste verdwynings, moorde stapel op

11 ure gelede | Misdaad

Ellanie Smit – Terwyl die familie van die 22-jarige me. Shannon Darlikie Wasserfall met die trauma van haar verdwyning ses maande gelede worstel, dreig die...

One ­Africa TV ­partners with NMH

11 ure gelede | Onderwys

Distributed through Namibia Media Holdings' (NMH) youth brand, My Zone, the newly added grade zero to seven lessons form part of a ­collaboration with the...

A look at National Readathon, Heritage Week

11 ure gelede | Onderwys

Enzo AmueleThe National Readathon and Heritage Week, which were launched by the minister of education, arts and culture Ester Nghipondoka, took place last week.The Readathon...

Dagboek vir die landbouer

11 ure gelede | Landbou

Agra ProVision se kursusseAgra ProVision bied van 5 tot 8 Oktober 'n kursus oor plaasbestuur in Windhoek aan en daarna van 6 tot 8 Oktober...