Renosterkalfie word ’n Voortrekker
Bo en behalwe hierdie geskiedkundige gebeurtenis, het Die Voortrekkers ook R100 000 geskenk aan Care for Wild.
Arthur, ’n agt maande oue renosterbulkalf wat in Mei vanjaar onder die kapmesse van stropers deurgeloop het, het Dinsdag die eerste renoster geword wat as ’n volwaardige lid van die Voortrekkerbeweging ingelyf is.
Arthur is net een van verskeie renostertjies waarna Care for Wild, die grootste renosterweeshuis en -toevlugsoord ter wêreld, omsien.
“Die Voortrekkerbeweging wil met die inlywing van Arthur sê dat ons omgee, ook vir die natuur,” sê dr. Danie Langner, hoofleier van Die Voortrekkers.
Arthur, wat nou deel van die Nelspruit-Voortrekkerkommando is, spog met sy eie Voortrekker-uniform. Die enigste verskil is dat sy blou onderbaadjie nie uit lap bestaan nie, maar uit perspeks.
Hy kan dit ook nie dra nie, maar mettertyd sal sy baadjie soos hy onderskeie mylpale bereik – nes enige ander Voortrekker – met kentekens soos veldvernuf, spoorsny en selfbehoud toegerus word.
Bo en behalwe hierdie geskiedkundige gebeurtenis, het Die Voortrekkers ook R100 000 geskenk aan Care for Wild.
Genl.maj. (afg.) Johan Jooste, hoof van spesiale projekte in die Nasionale Krugerwildtuin, sê hierdie geld kan die renostertoevlugsoord baie help om sy werk voort te sit om nog ’n renosterwesie te versorg en uiteindelik vry te laat.
“Hierdie staatmakerinstansie genereer sy eie geld en steun soos hierdie dra regstreeks by tot die versorging en vrylating eendag van nog ’n renoster. Dit is ’n baie duur proses,” sê hy.
BEWUSMAKINGSVELDTOG
Die Voortrekkers het die afgelope jaar as deel van ’n nasionale bewusmakingsveldtog die geld met hul renosterspaarbussies ingesamel.
Omdat renosterbewaring Carinda Habig, ’n Voortrekkeroffisier van die Rietvallei-Voortrekkers in Pretoria, so na aan die hart lê, het sy die inisiatief geneem om geld vir renosterwesies in te samel.
Sy het hierdie bewusmakingsprojek, Renoster Red is Vet Pret, begin en byna 2 000 renosterspaarbussies is onder Voortrekkerspanne versprei.
Care for Wild is een van ’n klein hoeveelheid rehabilitasiesentrums in Mpumalanga wat amptelik deur die Krugerwildtuin gebruik word om na renosterwesies om te sien en te huisves.
Dié niewinsgewende organisasie is in 2001 deur Petronel Nieuwoudt begin. Care for Wild se missie is om renosters te help red, hulle te rehabiliteer en dan in ’n beskermde omgewing vry te laat.
Dit beteken dat wanneer hulle uiteindelik vrygelaat word, sal hulle steeds 24 uur per dag deur ’n gewapende wag opgepas word. Die ligging van Care for Wild word geheim gehou om stropery te voorkom.
Volgens Jooste sal die stropingsyfer vir die derde agtereenvolgende jaar daal, “maar te veel renosters word steeds gestroop”.
“Die aanslag duur voort soos misdaadnetwerke geld maak uit die vraag na renosterhorings. Daar is tot agt stroopvoorvalle of -pogings per dag in die Krugerwildtuin,” sê hy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie