Renosterhandel: Namibië dreig om van Cites te onttrek
Namibië oorweeg dit om van die Konvensie vir die Handel in Bedreigde Spesies (Cites) te onttrek ná lidlande verlede week teen voorstelle gestem het om beperkings op jag en die uitvoer van witrenosters te verslap.
Namibië se minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, het vandag in Genève in Switserland gesê ‘n vergadering sal met ander lande van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) belê word om die kwessie te bespreek.
“Cites help ons nie regtig om ons wilde diere te beskerm nie, maar frustreer diegene wat goed doen. Ek dink daar is geen rede vir ons om in Cites te bly nie,” het Reuters Shifeta aangehaal.
Naas Suid-Afrika het Namibië die grootste bevolking van witrenosters in die wêreld. Volgens regeringsberamings was die bevolking 1 037 in 2017-’18.
Deur meer trofeejag en uitvoer van lewendige diere kan meer geld ingewin word wat vir die bewaring van renosters aangewend kan word, sê die regering. – Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie