Renosterbeskerming 'peperduur'
Renosterbeskerming 'peperduur'

Renosterbeskerming 'peperduur'

Volgens die minister van die omgewing en toerisme kos dit die land sowat N$105 miljoen per jaar om die renosterbevolking van 3 500 doeltreffend te beskerm.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Terwyl nóg drie renosters verlede week in die Noordweste gestroop is, het die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, by die tweedaagse Konferensie oor Onwettige Wildhandel van die Britse regering in Londen gesê dit kos Namibië N$1 000 per dag om een renoster teen stropery te beskerm.

"Dit beteken dit kos N$30 000 per renoster per maand om die renosterbevolking in die land te beskerm. Met 'n renosterbevolking van 3 500, het Namibië sowat N$105 miljoen per maand nodig om die hele renosterbevolking te beskerm. Dit sluit die renosters in private besit in," het die minister verlede Donderdag in sy toespraak gesê.

Shifeta het gesê die hulpbronne waarvoor Namibië wens, "kan beskikbaar wees as Namibië toegelaat word om van hul renoster- en olifantprodukte op wettige internasionale markte ontslae te raak".

Op navraag van Republikein oor presies hoe die bedrag van N$1 000 per dag bereken word wat aan die beskerming van die renosterbevolking bestee word, het die direkteur van nasionale parke en wildlewe in die ministerie, mnr. Colgar Sikopo, gesê weens sekuriteitsredes kan die publiek nie hieroor ingelig word nie.

"Die geld word bestee aan persoonlike koste en tegniese oplossings wat patrollies, bewaking, intelligensie-insameling en ondersoeke insluit," het Sikopo gesê.

Die woordvoerder van die ministerie, mnr. Romeo Muyunda, het die naweek bevestig drie witrenosters is verlede week op 'n plaas in die Noordweste gestroop, "maar die eienaar wou nie meer inligting verskaf nie".

Voorts is drie vermeende renosterstropers verlede week in 'n landdroshof op borgtog van N$12 000 elk vrygelaat.

Volgens mnr. Jaco Muller, van Help our Rhinos Now Namibia (HoRn.Nam), vrees die wildplaaseienaar in sentraal-Namibië waar die renosterstropery in November verlede jaar plaasgevind het, vir sy lewe.

"Die eienaar het doodsdreigemente van die vermeende stropers ontvang en nou is hulle boonop op borgtog vrygelaat. Hy vrees vir sy en sy renosters se lewe," het Muller gesê.

WETTIGE HANDEL

Shifeta het voorts by die konferensie gesê Namibië bekragtig alle aksies wat daarop gerig is om die aanbod van onwettige wildprodukte te verminder ten volle.

"Ons ondersteun ook beperkings op handel in spesifieke wildprodukte wat direk deur onwettige handel bedreig word, en waar markte waarskynlik nie hul bewaring en herstel gaan bevorder nie."

Shifeta het gesê aansporings werk verskillend in verskillende streke, en 'n reaksie vir 'n probleem wat in een streek werk, kan 'n verwoestende impak op 'n ander streek hê.

"'n Meer streekspesifieke of landspesifieke benadering is dikwels nodig," het hy gesê.

"In hierdie omstandighede bevraagteken ons die impak en rol van algemene handel en pogings om aanvraag te verminder van byvoorbeeld na swartrenosterbevolkings, want sedert die handel in renosterhoring in 1975 deur die Konvensie in die Handel op Bedreigde Spesies (Cites) verbied is, het renosterbevolkings meedoënloos en rampspoedig gedaal."

Shifeta het 'n deeglike oorsig van die teorie van verandering geëis wat aanvaar dat beperkings in die handel en vermindering van aanvraag sal help om 'n spesie te bewaar.

"Ons staan by ons punt en Namibië doen 'n beroep op die wêreldgemeenskap om toegewyd te wees aan natuurbewaring, veral aan wetenskap-gebaseerde natuurbewaring, saam met dié wat met wilde diere saamleef – die kern van enige debat oor wildbewaring," het Shifeta gesê.

Die minister, Sikopo en die direkteur van wetenskaplike dienste, me. Elly Hamunyela, was die Namibiese verteenwoordigers by dié konferensie, wat ook deur die hertog van Cambridge, prins William, bygewoon is.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!