Renoster dood ná stamp in park
Francoise Steynberg - 'n Renoster is laat Woensdag teen skemertyd in die Etosha Nasionale Park deur 'n voertuig van die ministerie van die omgewing en toerisme gestamp en moes later deur ‘n veearts van kant gemaak word.
Die hoofwoordvoerder van die Namibiese polisie, adj.komm. Edwin Kanguatjivi, het die voorval gister aan Republikein bevestig.
Hy het gesê die voorval het in die noordelike deel van die park op pad na die King Nehale-hek plaasgevind en 'n beampte van die ministerie van die omgewing en toerisme het die voertuig bestuur.
"Die polisie ondersoek die saak om te bepaal of die bestuurder nalatig bestuur het of nie," het Kanguatjivi gesê.
Die parkhoof, mnr. Pierre du Preez, het gister beaam dat die polisie die bestuurder vir nalatige bestuur ondersoek.
Hy het bevestig dat die voertuig, 'n Toyota Land Cruiser-bakkie, aan die ministerie behoort en die bestuurder in diens van die ministerie is.
"Ek wag vir die verslag van parkpersoneel wat ondersoek instel oor die besonderhede van die ongeluk, asook vir die polisieverslag voor ek enige kommentaar kan lewer," het Du Preez gesê.
Hy het gesê 'n polisievoertuig en 'n voertuig van 'n toeris was ook gister in ‘n ongeluk naby Rietfontein betrokke.
"Noudat die paaie in Etosha deur Chris Theron-hulle geskraap is, dink die mense hulle kan maar in die park jaag," het Du Preez gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie