Reu00ebnmeters styg; peuter verdrink
Reu00ebnmeters styg; peuter verdrink

Reënmeters styg; peuter verdrink

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Die Kuisebrivier vloei en die Mieliedriehoek is sopnat. Goeie neerslae is sedert Sondag in verskeie dele van Namibië aangeteken, met plase waar die reënmeters tot amper by 100 mm gestyg het.

Vir die Suide lyk die prentjie egter droog en droewig met net enkele millimeters wat naby Maltahöhe en Grünau aangeteken is.

In die omgewing van Biermanskool naby Kamanjab is teen Dinsdagaand 70 mm aangeteken, terwyl ’n plaas 30 km oos van die dorp 42 mm uit hul reënmeters gegooi het.

Nog ’n plaas in die noordweste van die land naby Otjikondo het 30 mm ontvang, terwyl 28 mm sowat 65 km vanaf Outjo na Khorixas gemeet is.

Die volgende syfers is op die Facebook-blaaie “Reën in Namibië” en “Namibië Boere” gedeel: Opuwo (36 mm), Otavifontein (48 mm), noord van Otavi (24 mm), 15 km noord van Otavi (70 mm), Grootfontein (30 mm), 80 km noord van Grootfontein (15 mm), Samekoms naby Grootfontein (30 mm), Tschudi naby Tsumeb (70 mm), Hisumahills naby Grootfontein (28 mm), plaas in die Tsumeb-distrik (38 mm), Omaha-gasteplaas (30 mm), tussen Otavi en Tsumeb (83 mm), Omaruru (37 mm), Wildlife Estate buite Omaruru (30 mm), 12 km buite Omaruru op die Erindi-pad (25 mm), Kalkfeld (15 mm), Karibib (7,5 mm) 40 km uit Karibib op die Okahandja-pad (30 mm), 35 km suid van Wilhelmstal (10 mm), Usakos (16 mm), plaas in Spitzkoppe-omgewing (12 mm), Otjititongwe (42 mm), Omeya (40 mm), Pionierspark (30 mm), Suiderhof (20 mm), Academia (30 mm), Cimbebasia (30 mm), Olympia (24 mm), Eros (17 mm), Uitbreiding I (26 mm), Doradopark (26 mm), Hochlandrand (25 mm), Auasblick (26 mm), Hochlandpark (34 mm), Luxury Hill/Klein-Windhoek (30 mm), Ludwigsdorf (20 mm), Windhoek-Wes (18 mm), Elisenheim (4 mm), Okahandja (10 mm).

In die Khomas Hochland was daar ook boere wat juig met tussen 50 en 100 mm wat op plekke gemeet is. Een boer het van 34 mm tot 67 mm op sy plaas, ongeveer 60 km suidwes van Windhoek, aangeteken. In die suide is 9,55 mm op die plaas Zackenberge anderkant Maltahöhe gemeet, terwyl 5 mm by die Withuis-gastehuis 12 km noord van Grünau aangeteken is.

Intussen berig Adolf Kaure ’n eenjarige kind het Dinsdag op die plaas Otjiua naby Omaruru verdrink. Volgens die Namibiese polisie se koördineerder van misdaadondersoeke in die Erongostreek, adj.komm. Erastus Iikuyu, is vier kinders by die huis gelos toe hul ouers gaan werk het.

“Teen 17:00 het dit swaar begin reën en met die ouers se terugkeer kon hulle die kinders nêrens vind nie. Al die plaaswerkers het na hulle begin soek,” het Iikuyu gesê.

Volgens hom was die peuter in bosse langs ’n vloeiende rivier vasgekeer. Die ander drie kinders is veilig in nabygeleë bosse gevind.

Die Namibiese weerkantoor voorspel buie en geïsoleerde donderbuie vir vandag vir die Sentrale-Noorde en die Noordooste.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!