Reënkanse verbeter drasties

Gemiddelde tot bogemiddelde neerslae voorspel

05 February 2019 | Weer
Elvira Hattingh - ‘n Skerp positiewe verandering is in reënvooruitsigte vir die res van dié seisoen te bespeur.

‘n Sterk moontlikheid bestaan dat Februarie en Maart vanjaar se oorheersende reënmaande sal wees.

Só sê Santam Suid-Afrika se landbouweerkundige, mnr. Johan van den Berg.

Hy meen die neutrale toestande in die Niño-gebiede vind eindelik deurslag en reënvooruitsigte vir die sentrale en noordelike dele van Namibië lyk beter as vroeër.

Van den Berg sonder die suidelike en suidwestelike dele van die land uit en sê reënvooruitsigte hier lyk nié belowend nie – soortgelyk aan die westelike dele van die Noord-Kaap.

Twee scenario’s

Van den Berg vergelyk Namibië se vooruitsigte van reën met dié van die westelike dele van Suid-Afrika en sê tans is twee scenario’s moontlik.

Die eerste is dat gemiddelde reën in Februarie voorkom met voortgesette droë toestande in die laaste deel van die seisoen as ‘n “oorblyfsel” van die swak El-Niño-toestande.

Volgens hom is die kanse 30% dat dié scenario sal inskop.

Die kans dat die tweede scenario ‘n werklikheid raak, is egter 70%.

Dit behels dat neutrale Niño- en Indiese Oseaan-toestande die weer oorheers en gemiddelde tot bogemiddelde reën tydens die res van die seisoen bring.

Damvlakke

Landswyd bevat damme gemiddeld 10% minder water as in dieselfde tyd verlede jaar toe die gemiddelde vlak 41% was.

Die drie damme wat Windhoek en ander sentrale dele van die land van water voorsien, is tans 23,9% vol – leër as verlede jaar dieselfde tyd toe dié syfer op 33,2% gestaan het. Wateroorplasings van beide die Omatako- en Swakoppoortdam na die Von Bachdam word steeds volgehou.

Sowat 5 mm reën is by die Swakoppoortdam gemeet en 43 mm by die Von Bachdam.

Terselfdertyd dui NamWater se jongste damverslag aan die Friedenau- en Goreangabdam is onderskeidelik 30,5% en 90,8% vol.

Die Otjivero- en Tilda Viljoendam staan nou op 4,6% en 3,9%, vergeleke met verlede jaar se 11,2% en 38,5% in dieselfde tyd.

Intussen het dié damvlakke te laag gedaal om Gobabis langer van water te voorsien en maak dié dorp nou op water uit nabygeleë boorgate staat.

Die damverslag dui egter aan 56 mm reën is die afgelope week by die Otjiverodam gemeet, asook ‘n verdere 18 mm by Tilda Viljoen.

Die reuse Hardapdam, met ‘n houvermoë van sowat 294,593 Mm³ (miljoen kubieke meter), is tans 31,2% vol, gevolg deur die Nautedam, wat nog 61,7% water oorhet.

Laasgenoemde dam se bergruimte is 83,580 Mm³.

Die Oanobdam is tans 55,8% vol, wat die Suide se damme op ‘n gemiddeld van 38% vol te staan bring.

Noorderiviere voller

Volgens die Hidrologiese Dienste van Namibië se jongste verslag verlede week is riviervlakke in die Noorde besig om te styg, en was dit in die algemeen voller as ‘n week vantevore.

Op Woensdag 30 Januarie/verlede Woensdag het die Zambezirivier by Katima Mulilo 1,06 m diep gevloei vergeleke met ‘n diepte van 95 cm sowat ‘n week tevore op 23 Januarie.

Dit is egter steeds laer as verlede jaar toe die rivier teen die einde van Januarie 1,88 cm diep gevloei het.

Die Kwandorivier by Kongola het op 2,41 m gestaan, wat beteken dit het heelwat meer water as verlede jaar dieselfde tyd gehad toe dit net sowat 1,87 m diep was.

Op Rundu was die Kavangorivier 4,49 m diep ná dit met 8 cm sedert 23 Januarie gestyg het.

Verlede jaar het dit op 30 Januarie 4,62 m diep gevloei.

Soortgelyk

 

NSFAF sluit ooreenkoms met Bank Windhoek

14 ure gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) en Bank Windhoek het vandag ʼn ooreenkoms aangegaan vir ʼn nuwe stelsel waardeur geld aan kwalifiserende studente gestuur...

Chinees Dinsdag in hof ná werker se skietdood

14 ure gelede | Misdaad

Die man wat gister na bewering deur sy Chinese werknemer in die Andara-nedersetting doodgeskiet is, is as mnr. Andreas Hausiku (32) geïdentifiseer.Hausiku was ‘n inwoner...

Twintig jaar tronkstraf vir verkragter

15 ure gelede | Howe

‘n 34-jarige man van Otjiwarongo is gister 20 jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ‘n minderjarige. Die dogter was...

Taking charge

1 dag gelede | Mense

Mariselle Stofberg Anthea van Heerden decided to take a leap of faith to start her own company in Windhoek.She is the managing director and...

Moontlike deurbraak

1 dag gelede | Misdaad

Denver KistingDie man wat gisteroggend weens Maandag se bloedbad op Arandis aangekeer is, het glo vir etlike ure geweier om met die polisie saam te...

Só staan sake in die Namibiese huis

1 dag gelede | Regering

Denver KistingPres. Hage Geingob het gistermiddag gesê sy boodskap van “welvaart vir almal” moenie verkeerd verstaan word nie.Volgens hom was die bedoeling nooit om oordaad...

Kabajani blossoms at GIPF

1 dag gelede | Mense

Michelline Nawatises Annette Likeleli Kabajani is a holder of a bachelor’s degree from the University of Namibia (Unam). She has also attained several management and...

Baking a name for herself!

1 dag gelede | Mense

Ester Kamati At the age of 28, Alma Tangi Nakanduungileh is climbing the entrepreneurial ladder and adding sweetness to her clients’ lives. A qualified...

A passion to unlock potential

1 dag gelede | Mense

Ester KamatiJustina Mulokoshi is a chartered accountant (CA) at PwC who has big dreams and is constantly on the lookout for new ways to improve...