Reën vir Suide voorspel
Elvira Hattingh - Die Namibiese weerkantoor meen enkele donderbuie kan vandag op plekke in die Hardap- en ||Kharasstreek voorkom, terwyl veral die Noordooste snikhete weer gaan hê.
Op plekke soos Eenhana en Ondangwa sal die kwik tot 39°C styg, terwyl dit op Rundu, Sesfontein, Okaukuejo, Omuthiya, Oshakati, Nkurenkuru, Noordoewer, Khorixas en Mariental by 39°C sal draai.
Terselfdertyd sal dit winderig in die binneland wees.
Intussen het reën Woensdag in die Suide op onder meer by Ariamsvlei, Rosh Pinah, Maltahöhe, Mariental, Keetmanshoop en Gochas voorgekom.
Sommige van die plekke het net druppels reën gehad.
Die weerkantoor het die afgelope week gesê die Kunenestreek sal na verwagting normaal tot bonormale reën tydens die huidige reënseisoen ontvang.
Volgens Nampa het mnr. Simon Dirkse, hoof van die weerkantoor se klimaat- en databank, gesê dié streek het ‘n 25%-kans om bogemiddelde reën te ontvang.
Reën het die afgelope naweek glo reeds hoop en verligting vir die droogtegeteisterde Kunenestreek gebring.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie