Reën uiteindelik hier?

31 December 2002 | Politiek en nasionale nuus
GOEIE reën kan vandeesweek oor die sentrale dele van die land verwag word wat as lafenis teen die versengende hitte van die afgelope dae sal dien.
Volgens die Weerkantoor op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako behoort die gunstige weerstoestande wat in die noordooste van die land heers al teen Woensdag die sentrale dele te bereik en \'n welkome Nuwejaarsgeskenk op die eerste dag van 2003 word.
Altesame 38,8 mm is gisteroggend op Katima Mulilo gemeet, terwyl Rundu 3,4 mm gekry het. Deurdringende buie het ook verlede week op Maandag en Dinsdag in die Aranos-distrik voorgekom waar 30 mm gemeet is.
Reënsyfers vir verlede week soos dit deur die meteorologiese kantoor op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako beskikbaar gestel is, dui op goeie buie oor die Kersgety op Rundu, Grootfontein en Gobabis. Verlede Maandag is 25mm op Gobabis gemeet met ligte donderbuie Dinsdag en Woensdag oor Rundu en Grootfontein waar 16,2 mm en 6,8 mm onderskeidelik geval het. Ligte reënbuie het ook dié dae oor ander dele van die land uitgesak.
\'n Verteenwoordiger van die meterologiese kantoor het gister voorspel dat die gunstige toestande wat nou in die noordoostelike dele van die land heers teen Woensdag suidwes kan beweeg wat stewige buie vir die sentrale dele van die land kan meebring.
Enkele donderduie kan oor die oostelike en sentrale dele van die land verwag word.
Temperatuurvoorspellings vir die suidelike dele van die land is dat warm weer van sowat 37 grade Celsius verwag kan word met \'n daling in temperature teen Donderdag wanneer \'n koue front in die suidelike dele sal inbeweeg.

Soortgelyk

 

Hardap-sluise nóg groter getrek

2 dae gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Die Hardapdam se sluise is om 10:30 nóg groter oopgetrek sodat dit nou 300 m³ water per sekonde uitlaat – ‘n aanpassing...

La Niña skop dalk nóú in

2 dae gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl die weerkantoor ‘n weerwaak vir vandag vir wydverspreide donderbuie oor die westelike helfte van die binneland uitgereik het, meen ‘n weerkenner...

Selfdegeslaghuwelike ly neerlaag … vir nou

2 dae gelede | Howe

Jana-Mari Smith – Drie hoërhofregters het hulle gister sterk ten gunste van die wetlike erkenning van selfdegeslaghuwelike in Namibië uitgespreek, maar het nietemin die aansoeke...

Elisenheimrivier sleep motors weg

2 dae gelede | Weer

Augetto Graig – Die Elisenheimrivier het Woensdagaand motorvoertuie saamgesleep toe dit verby die Farmers Kitchen restaurant by Gastefarm Elisenheim oorstroom het. Me. Rentia van der...

Hardap loop gou vol

2 dae gelede | Weer

Elvira Hattingh – Die Hardapdam sou na verwagting laat gisteraand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sou oopgetrek moes word....

kykNET se ‘Wat Dit Vat’: Hier’s die kunstenaars

2 dae gelede | Byvoegsels

Dit was pret, dit was plesier en dit was ’n malligheid op note. Toe die briljante musikant en musiekvervaardiger Loki Rothman gesê het hy gaan...

Fees van klassieke musiek ten bate van kanker

2 dae gelede | Byvoegsels

Een van die mees begaafde pianiste in Namibië, Johann van der Merwe, bied môre (22 Januarie) 'n uitvoering aan om geld in te samel om...

Working with high standards of technology

2 dae gelede | Mense

Wetumwene Shikage Not expecting to find a smooth and easy way of work, Romario Arnat describes his working experience as an eye-opener as to how...

Taking steady growing curves

2 dae gelede | Mense

Wetumwene Shikage Timothy Olivier’s passion and dedication has been a key driver in his success not only within Old Mutual, but throughout his...