Reën, modder bring skade

Die swaar reën Maandag in die hoofstad het ’n modderstorting veroorsaak wat vier wooneenhede ernstig beskadig het. Die riviere se sterk vloei het ook verkeersprobleme veroorsaak en strate is afgesper.
Yandi Du Plessis
Yandi du Plessis

Verskeie woonbuurte in Windhoek het Maandag buitengewoon swaar reëns aangemeld.

Die Klein Windhoekrivier het sterk geloop en onder meer Nelson Mandelastraat en Erosweg, waardeur dié rivier loop, is afgesper.

In Ludwigsdorf, Kleine Kuppe, die Suidelike Nywerheidsgebied en Suiderhof, asook verskeie ander buurte het Windhoekers gesukkel om ná werk by die huis te kom met die sterk strome wat deur die strate gevloei het.

Verskeie video’s van riviere wat deur die strate loop, is op die Facebook-groep “Reën in Namibia” geplaas. Volgens ’n plasing op dié groep het bykans 40 mm in Suiderhof geval. Syfers rondom 50 mm is in Auasblick aangemeld.

MEENTHUISE BESKADIG

Omstreeks 14:30 Maandag is vier meenthuise in die Ambrose Village-kompleks ernstig beskadig deur die vloede en modderstortings wat deur die swaar reënval in dié area meegebring is.

Die kompleks is in die Kleine Kuppe-woonbuurt, agter Windhoek Gimnasium, in ’n bergagtige area geleë. Die eenhede se motorhuisdeure is ernstig beskadig deur modder, klippe en stukke grensmuur wat teen die opdraande naby die eenhede afgespoel het nadat die muur meegegee het.

’n Inwoner van huis nr. 17, me. Anita Neethling, het in April 2019 by die kompleks ingetrek, net toe dit geopen is. Neethling sê sy was nog nooit tevore bekommerd oor moontlike vloedskade deur reëns nie en het haar eerder bekommer oor waterskade wat moontlik binne die kompleks kan voorkom.

“Eers het die krag afgegaan. Toe ek uitkyk, het ek gesien hier kom moeilikheid. Dit het gelyk soos die Jordaan of die Rooi See wat afkom.”

Volgens Neethling is die water nie soseer die probleem nie, maar eerder die modder. “Die water stroom in en weer uit, jy mop maar die vloer en gaan aan. Die water en modder het baie hoog in my motorhuis ingeloop omdat die deur beskadig was. Maar gelukkig het die branddeur gekeer dat dit verder deur my huis loop.”

Gisteroggend was sy en haar huishulp hard aan die werskaf om die chaos en gemors wat die vloed en modderstorting veroorsaak het, onder beheer te kry.

Sy kon nie sê hoeveel dit gereën het nie, aangesien die reënmeter in die slag gebly het toe die muur gebreek en die vloed afgekom het.

Die motorhuisdeur van eenheid 20 is heeltemal af en dié eenheid blyk die ergste skade te hê. Die eienares was te ontsteld om kommentaar te lewer.

Luidens gerugte sal die konstruksiemaatskappy wat die Ambrose Village-kompleks gebou het, die koste dek om die motorhuisdeure te vervang.

Mnr. Steve Shidunda, ’n veiligheidswag by die kompleks, was aan diens toe dit begin reën het.

“Daar was baie water! Dit het die straat afgeloop en by die berg afgeloop en alles het voor die muur kom staan. Die muur het uiteindelik meegegee en die klomp water het by die kompleks ingestroom,” het hy gesê.

Mnr. Carlo Louw, ’n afdelingshoof van die Windhoekse brandweer, sê hulle het Maandag geen noodoproepe ontvang in verband met reënskade nie. Die brandweer is nie ontbied vir die voorval in Kleine Kuppe nie; “ons het net proaktief opgetree,” sê Louw. “Toe ons hoor die riviere begin afkom, het ons dadelik die polisie ontplooi om die paaie af te sper voor die water enige skade kon veroorsaak.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.02 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 343.54/OZ UP +1.18% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.70% | Zinc US$ 2 876.90/T UP 2.51% | Brent Crude Oil US$ 87.30/BBP DOWN -0.0079 | Platinum US$ 908.44/OZ UP +0.70% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.02 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 343.54/OZ UP +1.18% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.70% | Zinc US$ 2 876.90/T UP 2.51% | Brent Crude Oil US$ 87.30/BBP DOWN -0.0079 | Platinum US$ 908.44/OZ UP +0.70%