Reën kan tot môre duur

21 October 2021 | Weer
Elvira Hattingh – Die Namibiese weerkantoor het ‘n waarskuwing uitgereik dat wydverspreide donderbuie vandag (Donderdag) in die oostelike dele van die ||Kharasstreek kan voorkom, wat vir meer as 50 mm reën kan sorg.

Intussen het enkele plekke teen gistermiddag reeds ‘n bietjie reën ontvang. Op die plaas Otjivero het dit 50 mm gereën, op Omitara 30 mm, op Otavi 25 mm gereën en op Gobabis tussen 6 mm en 10 mm, het Facebook-gebruikers op die Facebook-blad Reën in Namibia laat weet.

Verder in die Otavi-vallei is 12 mm reën gemeet en by die Guinas-meer naby Tsumeb 18 mm. Druppels het ook op plekke soos Otjiwarongo en suidoos van Ondangwa geval. Divundu het glo Dinsdag reeds 3 mm ontvang.

Volgens die weerkantoor sal dit vandag gedeeltelik bewolk en baie warm met geïsoleerde donderbuie in die noordooste, Khomas-, Hardap- en Omahekestreek wees, maar koel tot warm in die ||Kharasstreek.

Vars tot sterk noordoostelike winde word verwag.

Weervoorspellers het gesê ‘n afsnylaag het wes van die vasteland ontwikkel en is verantwoordelik vir die stormagtige weer in Namibië, maar ook die Kaap-provinsies. Dié onweer sal na verwagting tot môre (Vrydag) voortduur.
[email protected]

FOTO
Die foto van 'n reënmeter op Otavi, met 25 mm reënwater, is deur Ina La Cock-Vermeulen in sosiale media versprei.

Soortgelyk

 

Plaaslike aktrise wen ‘Afrika-Oscar’

6 ure gelede | Kuns en vermaak

Die plaaslike aktrise Hazel Hinda het op 28 November die toekenning vir die beste aktrise in ’n ondersteunende rol by die African Movie Academy Awards...

Skole sluit vroeër ná vraestelle lek

9 ure gelede | Onderwys

Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur sê skole gaan vroeër sluit as wat aanvanklik aangekondig is, om streke in staat te stel om voor...

Derde dosis Sinopharm goedgekeur

9 ure gelede | Gesondheid

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het by monde van sy uitvoerende direkteur, mnr. Ben Nangombe, bevestig dat Namibiërs wat reeds twee dosisse van...

Geen sterftes, 11 nuwe gevalle

10 ure gelede | Gesondheid

Die Covid-sterftes bly op 3 573, terwyl 11 nuwe gevalle gister aangeteken is. Dit is 'n positiewe koers van 0,6% en sluit een leerlinge en...

Diplomaat van Namibië toets positief vir Omicron in Japan

10 ure gelede | Gesondheid

Japan se hoofkabinetsekretaris Hirokazu Matsuno het bevestig 'n diplomaat van Namibië in sy dertigs het positief vir die Omicron-variant getoets. Die man het Japan via...

Nog stemme van verset teen inhokking

22 ure gelede | Gesondheid

Henriette LamprechtTerwyl gevalle van die Omicron-variant van Covid-19 in talle oorsese lande bevestig word en midde 'n groot waarskynlikheid dat die variant reeds op eie...

Plaaseienaar aangekla ná raakskoot

22 ure gelede | Misdaad

Elvira HattinghDie vlaag van veediefstal in die Grootfontein-omgewing is die afgelope naweek opnuut tot 'n spits gedryf toe 'n plaaseienaar 'n vermeende veedief met 'n...

Amutse wins 2021 Bank Windhoek Doek Literary Visual Arts...

22 ure gelede | Mense

Monique AdamsBorn in Walvis Bay, Namafu Amutse attended Immanuel Ruiters primary school. She then moved to Swakopmund in 2007 and attended Swakopmund Primary School.Amutse completed...

Veldbrand nog nie in bedwang

22 ure gelede | Ongelukke

Tanja BauseDie veldbrand wat sowat 'n week gelede naby Okahandja begin het, woed steeds voort. Volgens mnr. Corne Kruger het die vlamme aan die einde...