Rekordbrekers en ludorums wys gehalte

Atletiek

03 May 2021 | Sport
Andrew Poolman – Vyf ouderdomsrekords van die Namibiese Skolesportunie (NSSU) is by sy nasionale atletiekkampioenskap die naweek in die Onafhanklikheidstadion in Windhoek verbeter, terwyl nog ’n rekord geëwenaar is.

Die Otjozondjupaspan se Leané Boshoff het vir twee rekords by die meisies onder 15 gesorg, toe sy beide die vorige rekords in die gewigstoot en diskusgooi (13.50 en 36.96 meter) sommer ’n hele entjie aangeskuif het tot 13.96 en 42.27 meter. Haar kragtoer het ook ’n goud in die spiesgooi ingesluit (33.88 m).

Nog ’n diskusgooier, André Brand van die Kunenestreek, het die seun o.17-rekord vanaf 51.52 tot 52.48 meter verbeter.

Die Khomasstreek se Tuané Silver, wat ook reeds die huidige senior nasionale kampioen is, het in die meisies o.17 gewigstoot met ’n gooi van 14.55 meter vorendag gekom wat die vorige beste van 13.29 behoorlik in die skadu gestel het.

Twee hekkiesatlete van Khomas was ook onder die rekordbrekers. Zack von Wielligh het die seuns o.15 se wedloop oor 300 meter in 40.08 sekondes afgelê wat die vorige beste merk van 44.40 merkwaardig verbeter het.

Ajay Böck het ’n ewe groot snoeiwerk aan die seuns o.17 se 400 m hekkiesrekord aangebring, wat tevore op 54.34 gestaan het totdat hy dit tot ’n veel haastiger 51.44 afgebring het.

Die rekord wat geëwenaar is, was Leander Louw (Khomas) se oorwinning in die 400 hekkies met 51.83 sekondes.

LUDORUMS

Op individuele vlak was die ludorum-pryse al vier deur atlete van Khomas beklink. Die viertal was:

Senior victor ludorum: Zack von Wielligh (o.15), 2553 punte.

Senior victrix ludorum: Dané van Zyl (o.15), 2657 punte.

Junior victor ludorum: Joritha Delie (o.13), 2122 punte.

Junior victrix ludorum: Mathew Raubenheimer (o.13), 2428 punte.

BESTE PER OUDERDOMSGROEP

Meisies o.13: Yoritha Delie (Khomas), 2122 punte.

Meisies o.15: Dané van Zyl (Khomas), 2657.

Meisies o.17: Alessandra Kaura (Khomas), 2328.

Meisies o.19: Chrislene Klein-Nienaber (Erongo), 2259.

Seuns o.13: Mathew Raubenheimer (Khomas), 2428.

Seuns o.15: Zack von Wielligh (Khomas), 2553.

Seuns o.17: Nicholis du Plessis (Khomas), 2429.

Seuns o.19: Valentino Vlees (Hardap), 2341.

BESTE IN BAANITEMS

Junior meisies: Haylee Kidd (Khomas), 75 m hekkies, 890 punte.

Junior seuns: Luca Micillo (Khomas), 80 m hekkies, 1017 punte.

Senior meisies: Dané van Zyl (Khomas), 300 m hekkies, 1065 punte.

Senior seuns: Zack von Wielligh (Khomas), 300 m hekkies, 1167 punte.

BESTE IN VELDITEMS

Junior meisies: Adara Gey von Pittius (Erongo), hoogspring, 694 punte.

Junior seuns: Erdan van der Westhuizen (Khomas), hoogspring,

Senior meisies: Ané de Bruin (Khomas), hoogspring, 742 punte.

Senior seuns: Johannes Kayengala (Erongo), hoogspring, 796 punte.

SPANKOMPETISIE

Die Khomasstreek het die meeste medaljes by die nasionale atletiekkampioenskap ingeoes.

Khomas se 37 goue medaljes, 28 silwer en 25 brons (’n totaal van 90) was ver meer as die tweede geplaaste Otjozondjupa se totaal van 29 medaljes (12 goud, nege silwer, agt brons).

Derde op die lys was Hardap (totaal 23), gevolg deur Erongo (20), ||Kharas (19), Omusati (9) en Kunene (9).

• Onder normale omstandighede sou die NSSU op grond van die nasionale kampioenskap ’n span saamgestel het om by die Cossasa-byeenkoms teen lande in Suider-Afrika mee te ding. Volgens die NSSU se nasionale koördineerder, mnr. Sollie Duiker, word geen spankeuse op die oomblik beplan te midde van die Covid-19-pandemie nie, hoewel die moontlikhede vir later wel in die oog gehou word.


Soortgelyk

 

Ses sterftes, 177 nuwe gevalle

14 ure gelede | Gesondheid

Die Covid-19-verwante sterftesyfer sedert die aanvang van die pandemie in Maart verlede jaar skuif met ses - vyf in Windhoek en een in Keetmanshoop -...

341 nuwe gevalle, een sterfte

1 dag gelede | Gesondheid

Die Covid-19-verwante sterftes vir die land staan op 683 ná die dood van 'n 52-jarige man van die Okakarara-distrik. Vandag is 341 nuwe gevalle aangemeld...

Britse miljardêr hoor Dinsdag oor borgtog

2 dae gelede | Howe

Mnr. Harvey Eric Boulter (51, foto), die Britse miljardêr en plaaseienaar van Kamanjab wat vandeesweek in die landdroshof op Outjo om borgtog aangesoek gedoen het,...

NBC-staking duur voort, 74 werknemers terug in die tuig...

2 dae gelede | Arbeid

Hoewel die NBC-staking voortduur, het 74 werknemers intussen teruggekeer werk toe en is die Engelse radiodiens, National FM, weer terug op die lug.Die voorsitter van...

Sinopharm deur WHO vir noodgebruik goedgekeur

2 dae gelede | Gesondheid

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) het die Sinopharm-entstof teen Covid-19 vandag vir noodgebruik goedgekeur. Die enstof wat saam met Covishield/AstraZeneca in Namibië in die land se immuniseringsveldtog...

Sewe toets positief by NIP-laboratorium

2 dae gelede | Gesondheid

Sewe mense het positief vir Covid-19 by die Nasionale Insitituut vir Patologie (NIP) se laboratorium in Windhoek getoets wat by die instituut se hoofkantoor geleë...

8 sterftes, 92 nuwe gevalle

2 dae gelede | Gesondheid

Die Covid-19-verwante sterftes vir Namibië sedert die aanvang van die pandemie in Maart verlede jaar het met nog agt - drie elk in onderskeidelik Windhoek...

Self-management and its impact in leadership

3 dae gelede |

Gabrielle BotelhoSelf-management is the second pillar of emotional intelligence. It is a competency that is composed by the following abilities: self-control, trustworthiness, conscientiousness, adaptability, achievement...

A lawyer’s dream

3 dae gelede | Mense

Rivaldo KavangaIt is many Namibian law students’ and lawyers’ dream to start their own law firm. Henry Shimutwikeni has achieved this by establishing his own...