Rekord wink vir 44-jarige doelwagter
Sokker
Die Egiptiese doelwagter Essam El Hadary kan vandag – twee dae ná sy 44ste verjaardag – die oudste speler tot nog toe word om in 'n Afrikabeker-sokkerstryd te speel.
El Hadary speel vanjaar in sy sewende Afrikabeker-toernooi – een minder as die rekord wat deur Rigobert Song van Kameroen gehou word. Hy sal na verwagting vandag in Egipte se openingswedstryd in groep D, teen Mali in Port Gentil, speel.
As hy wel die beginspan haal, sal El Hadary die rekord vir die oudste speler in die toernooi met bykans vyf jaar oortref. Dit word tans gehou deur sy landgenoot Hossam Hassan, wat 39 jaar, vyf maande en 24 dae oud was toe hy in 2006 in sy laaste wedstryd in dié toernooi gespeel het.
Die veteraan-doelwagter was die eerste keuse in Egipte se Wêreldbeker-kwalifiserende wedstryde teen die Kongo en Ghana (in Oktober en November verlede jaar). Egipte het albei dié kragmetings gewen.
Ahmed Nagy, Egipte se doelwagter-afrigter, het egter gesê dis nie 'n uitgemaakte saak dat El Hadary wel gaan speel nie. “Ons het nog nie ons eerstekeuse-doelwagter aangewys nie. Ons het drie uitstekende doelwagters in ons groep en dít sal van groot waarde in Gaboen (waar die toernooi vanjaar plaasvind) wees.”
El Hadary was lid van die Egiptiese groep wat in 1998 die Afrika-kroon in Burkina Faso verower het. Hy was in 2000 weer 'n plaasvervanger, maar 'n beginspeler in 2002 en weer in 2006, 2008 en 2010. Tussen 2006 en 2010 het Egipte drie keer agtervolgens die toernooi gewen.
El Hadary het reeds gesê sy doelwit is om oor 18 maande in die Wêreldbeker-toernooi in Rusland te speel.
“Ek sal veg vir 'n Wêreldbeker-plek. Ek gee nie om hoe oud ek is nie. Ek oefen soos 'n 20-jarige,” het El Hadary aan verslaggewers gesê.
Die Griek Giorgis Koudas is die oudste speler wat tot nog toe in 'n internasionale sokkerwedstryd gespeel het. Hy was 48 jaar oud toe hy in 1995 as plaasvervanger teen Joego-Slawië opgestuur is.
• Ghana en Uganda speel vandag in die ander Afrikabeker-wedstryd.
– Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie