Rekord vir Lightning
Rekord vir Lightning

Rekord vir Lightning

Dié wyfie is nou katjie van die baan wat spog met ''n splinternuwe GPS-nekband.
Francoise Steynberg
Die luiperd Lightning is die N/a''an ku sê-stigting se suksesvolste vrylatingsgevallestudie, maar spog ook met die rekord vir die wêreld se langste vrylopende luiperd wat gemonitor word.

Lightning is op 12 Oktober met ''n nuwe GPS-nekband toegerus. Dié jong luiperdwyfie is in 2008 deur ''n boer gevang en deur dr. Rudie en me. Marlice van Vuuren, stigters van die N/a''an ku sê-stigting en bekendes in bewaringskringe, gerehabiliteer.

“Dit het byna ''n jaar van mediese sorg, ervare rehabilitasietegnieke en volgehoue toewyding geneem om Lighting in puik fisieke kondisie te kry om haar vry te laat,” lui ''n verklaring van die stigting.

Dié kat is in 2009 met ''n GPS-nekband toegerus en by die Kulala-wildreservaat vrygelaat. Haar bewegings is gemonitor tot by die Neuras-wynplaas en -wildlandgoed, ''n N/a''an ku sê-reservaat en karnivoornavorsingsentrum, waar sy haar tuisgemaak het.

Die batterye van ''n GPS-nekband moet elke twee jaar vervang word wat vereis dat die katte in ''n hok gevang moet word.

“Dit is moeilik om luiperds met nekbande toe te rus, want hul natuurlike intelligensie verhoed hulle om in ''n hok in te gaan. Lightning moes besef het dat dit haar geen skade berokken nie en het die hok met selfvertroue ingegaan,” lui die verklaring.

Die monitering van sewe jaar het Lightning ''n erkende wêreldrekord in die annale van grootkat navorsing laat opstel.

“Voorts wys data dat Lightning nooit vee as prooi geteiken het nie, wat haar die status gee van ''n nie-konflik-kat. Beelde van versteekte kameras het ook vir Lightning met welpies gewys,” lui die verklaring.

Volgens die N/a''an ku sê-stigting speel Lightning ''n groot rol in die navorsing en wetenskaplike reis vir die vermindering van mens-karnivoor-konflik.

“Die vernuwende bewaringspraktyke van die N/a''an ku sê-stigting is uiters belangrik vir ''n toekoms waar mense en die wilde diere saam kan leef en floreer.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!