Rekord spat onder Drichelle se aanslag

Bergfietsry
Tielman van Lill
Tielman van Lill

Dié paartjie van die Hollard/Janine & Juzelle Davin-sporttrustspan het Saterdag stilweg geskiedenis gemaak.

Drikus Coetzee en Michelle Voster het Saterdagoggend vroeg seker gemaak hulle word nie na die eindpunt van die 2019 Nedbank Desert Dash as ’n gemengde tweemanspan deur enige van hul mededingers geklop nie.

Coetzee en Voster het nie net hul eie afdeling oorheers nie, maar ook hul manlike eweknieë in die mansafdeling van die tweemanspanne flenters gery om in 14 uur 25 minute en 19 sekondes nege minute vinniger as Marc en Kai Pritzen (14:34:33) by die wenpaal in te klok.

Coetzee wat, nog nie sy droom opgegee het om vir die 2020 Olimpiese Spele in Tokio, Japan, sy hand op te steek nie, is verheug met sy en Voster se prestasie. Die vlieënde duo het ook seker gemaak dat hulle die vorige rekord vir die tweemanspanafdeling (mans, vroue en gemeng) met 13 minute op sy kop keer.

Die ou rekord van 14:38:14 is in 2014 deur Ingram Cuff en Herbert Peters behaal. Coetzee en Voster sê bykans perfekte weer het gesorg dat hulle die krane kon oopdraai.

“Dit was belangrik dat ons saam met die voorlopers by die eerste beheerpunt aankom, want dan kon ek daarvandaan saam met die ouens in ’n bondel ry en ek hoef nie onnodige energie te vermors om die voorlopers in te jaag nie.

“Ek en Michelle vorm ’n baie goeie span. Ons was werklik goed vir die Dash voorberei en gemotiveer. Ons het Saterdag die derde vinnigste tyd van al die deelnemers opgestel. Net twee viermanspanne het ons tyd geklop, wat ’n besondere mylpaal is, want ons komplementeer mekaar as ’n span baie goed.

“Met die weersomstandigehede wat met die 2019 Dash baie beter as verlede jaar met die sterk wind was, het ons so hard as moontlik gery. Alles was perfek, behalwe die vierde gedeelte wat ’n nagmerrie met ongelooflike slegte sinkplaat wat ons 16 minute aan tyd gekos het.

“Met die sukses van die Dash in die sakkie, is ons 100% tevrede dat ons op die regte pad is vir volgende jaar se voorbereidings vir die Olimpiese Spele is. Ja, ek het vir Marc Pritzen, die Suid-Afrikaanse o.23-padfietskampioen, asook 94.7 Cycle Challenge-kampioen weggery!

“Vir my is dit ’n groot inspirasie vir volgende jaar se aanslag. Michelle het saam met Kai Pritzen gery en toe ons saam die laaste gedeelte pak, het ons kragte saamgesnoer en hulle behoorlik agtergelos. Toe vlieg ons huis toe,” vertel Coetzee trots.

“Met die aanbreek van die laaste skof het ons beide goed gevoel,” se Voster, wat die vierde skof alleen moes ry.

“Ek het 16 minute stadiger as verlede jaar daar gery! Ek het lank saam met Pritzen gejaag, maar toe kom ek agter hy sak uit en ek sê toe vir Drikus hier is ons kans om hulle te klop!

“Wat hom weggegee het, is die feit dat ek alleen voor die werk moes doen, terwyl hy agter my gesit het. Kai en Marc kon ons nie vang nie en ons het enduit die tempo gehandhaaf om hulle met nege minute te uitoorlê, “ het Voster aan Republikein gesê.

Net die viermanspan van Morné Nell/Rodney Hahn/Alex Miller en Tristan de Lange (13:47:40) in die saal en die viermanskap van André Vermeulen/Christo Swartz/Gerhard Mans junior en Ingram Cuff in 14:15:00 kon vinniger as Coetzee en Voster van Windhoek tot Swakopmund die kettings laat kraak.

Nichol Jordaan, wat in 2014 die Dash as soloryer gewen het, het vanjaar vir die eerste keer weer as soloryer deelgeneem en ’n goeie derde plek behaal.

Voster sal Namibië heel waarskynlik by die Olimpiese Spele in die bergfietsafdeling verteenwoordig, terwyl Vera Adrian die padfietskompetisie gaan pak.

Martin Fryer en Alex Miller as bergfietsryers moet nog sake tussen hulle vir Tokio uitspook, terwyl Coetzee moontlik die beste kandidaat vir die padfietsafdeling is.

Van die 27 solovroue het net agt nie die Dash voltooi nie. By die mans moes 54 van die 204 deelnemers voortydig halt roep. In die tweemanspanafdeling vir vroue het net een span uit ses nie klaargemaak nie. By die mans het 89 spanne weggespring, waarvan 75 die 373 km suksesvol voltooi het. By die gemengde tweemanspanne het 24 van 32 die Dash getem.

In die viermanspanafdeling het al 13 vrouespanne Saterdag by die Plats Am Meer-winkelsentrum op Swakopmund gestop terwyl net vyf van die 85 manspanne nie die paal kon haal nie. Die gemengde viermanspanne het vyf slagoffers opgelewer met 22 wat die Dash binne 24 uur afgelê het.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.84 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.94 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.94 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 219.03/OZ UP +1.29% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.06% | Zinc US$ 2 451.00/T UP 0.08% | Brent Crude Oil US$ 87.59/BBP UP +1.39% | Platinum US$ 907.28/OZ UP +1.39% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.84 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.94 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.94 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 219.03/OZ UP +1.29% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.06% | Zinc US$ 2 451.00/T UP 0.08% | Brent Crude Oil US$ 87.59/BBP UP +1.39% | Platinum US$ 907.28/OZ UP +1.39%