Rekenmeester werp lig op N$3,5 miljard
Rekenmeester werp lig op N$3,5 miljard

Rekenmeester werp lig op N$3,5 miljard

'n Forensiese deskundige het getuig in die borgtogaansoek van die drie mans wat van enorme invoerbedrog verdink word.
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw - 'n Forensiese rekenmeester van die ouditeursfirma KPMG het Vrydag in die Windhoek-landdroshof in die borgtogaansoek van mnr. Laurentius Julius en twee Chinese burgers genoem dat sy maatskappy se ondersoek betrekking het op etlike duisende transaksies en buitelandse valuta-oorbetalings.

KPMG is deur die Bank of Namibia aangestel om dokumentasie met betrekking tot finansiële transaksies te ondersoek om te bepaal of doeaneheffingregulasies nagekom is.

Mnr. Roy Waligora van KPMG het verduidelik dat onreëlmatighede in transaksies gevind is in 'n tydperk wat tot so ver as 2008 strek, maar dat hulle op die tydperk van die begin van 2013 tot aan die einde van 2016 fokus.

Die bedrag van N$3,5 miljard het betrekking op bedrae wat na die buiteland deur Nedbank oorbetaal is. “Van fakture tot die waarde van US$313 miljoen hou slegs US$13 miljoen se goedere daarmee verband,” het hy getuig.

Hy het verduidelik dat net 5% van die bedrae wat aan doeane en aksyns oorbetaal is, betrekking het op die waarde van goedere wat ingevoer is, wat dus dui op 'n enorme onderverklaring van goedere. Die bedrag van N$3,5 miljard dek nagenoeg 100 invoerders. Die saak teen die drie beskuldigdes verteenwoordig net 'n deel van dié bedrag.

Die klagte teen mnr. Tao Huizhong hou verband met beweerde transaksies van US$12,3 miljoen wat deur sy maatskappy, Golden Phoenix, ingedien is en waarvan na bewering net US$300 000 tot US$400 000 verklaar is, wat 'n verskil van minstens US$11,9 miljoen daarstel. Golden Star, die maatskappy waarby mnr. Jinrong Huang na bewering betrokke is, word gekoppel aan transaksies ter waarde van US$2,4 miljoen waarvan net US$100 000 aan doeane en aksyns verklaar is.

Waligora het getuig dat die onreëlmatighede te wyte is aan die onderverklaring van die waarde van goedere vir doeaneheffingdoeleindes en ook aan geldwassery wanneer dokumente geskep word om die uitvloei van buitelandse valuta uit Namibië te fasiliteer. “Ons het dokumente wat hierdie deurlopende tema ontbloot van hoër bedrae wat aan die bank aangebied word as die bedrae vir dieselfde transaksie wat aan die doeane verklaar word,” het hy gesê.

Julius, die eienaar van 'n vervoer- en doeaneklaringsmaatskappy, Extreme Customs Clearing Services (ECCS), Tao en Jinrong het 'n borgtogaansoek ingedien nadat hulle in hegtenis geneem is op klagte van bedrog en geldwassery. Die staat beweer in hierdie stadium die drie het die ministerie van finansies vanaf die begin van 2012 tot 19 Desember verlede jaar bedrieg met die berekening en betaling van doeaneheffings. Die klagte hou verband met 'n bedrag van N$3,5 miljard in werklike en potensiële verliese wat deur die ministerie gely is as gevolg van die onderverklaring van die waarde van goedere wat na Nambië ingevoer is en waarop doeaneheffings betaalbaar is.

Julius, wat die klagte van bedrog en die besit van eiendom wat op onwettige wyse verkry is ontken, het vroeër die dag getuig dat hy nie seker is van die klagte teen hom nie. “Hulle (doeane en aksyns) moedig mense aan om te betaal, maar as jy hulle nader om te onderhandel, dan sluit hulle jou toe,” het hy aan landdros ­Venatius ­Alweendo gesê.

Intussen het die Bank of Namiba in 'n mediaverklaring verlede week bekend gemaak dat die mediaverslae en bewerings op sosiale media die afgelope weke dat N$3.5 miljard in die noorde van Namibië gevind is, verkeerd is en nie deur enige feite gestaaf word nie. “Die huidige hofverrigtinge van drie verdagtes hou verband met strafregtelike klagte van bedrog, geldwassery en belastingontduiking ter waarde van die genoemde bedrag.

“Sover vasgestel kan word, het die polisie nie enige geld wat deur die verdagtes opgegaar is, gevind toe hulle in hegtenis geneem is soos in sommige mediaberigte beweer word nie,” lui die verklaring. Die Bank of Namibia het verder genoem die bewerings dat die Nambiese geldeenheid in China gedruk en teruggebring word met die oog op die inruil van die vervalste geld vir Amerikaanse dollars, is ook sonder enige gronde.

Die borgtogaansoek word vandag voortgesit.

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.47 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.18 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.18 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 316.97/OZ DOWN -0.0027 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.74% | Zinc US$ 2 823.90/T UP 0.78% | Brent Crude Oil US$ 88.11/BBP DOWN -0.0025 | Platinum US$ 909.79/OZ DOWN -0.0001 Sport results: Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.47 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.18 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.18 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 316.97/OZ DOWN -0.0027 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.74% | Zinc US$ 2 823.90/T UP 0.78% | Brent Crude Oil US$ 88.11/BBP DOWN -0.0025 | Platinum US$ 909.79/OZ DOWN -0.0001