Rekenaarvirus kos maatskappy tot 3% in omset
Die wêreld se grootste vervaardiger van rekenaarskyfies, TSMC, se verdienste in die huidige kwartaal is beduidend geraak deur ’n lelike rekenaarvirus wat sy stelsels binnegedring het.
TSMC, wat ook skyfies vir Apple vervaardig, het Saterdag bekend gemaak dat verskeie van sy stelsels deur ’n virus besmet is, maar dat dinge tans onder beheer is.
“Ons verwag dat die voorval tot vertragings sal lei in die lewering van produkte, asook tot bykomende koste,” sê die Taiwannese maatskappy in ’n verklaring.
“Ons skat dit sal ons omset vir die derde kwartaal met sowat 3% raak.”
Die maatskappy sê egter hy is vol vertroue dat die agterstand in die versending van nuwe produkte teen die laaste kwartaal uitgestryk sal wees.
TSMC het sy kliënte in kennis gestel en ’n nuwe afleweringskedule word uitgewerk.
Die virus het die stelsels tydens die installering van nuwe programmatuur besmet, sê TSMC.
“Die integriteit van data sowel as vertroulike inligting was nooit in gevaar nie,” sê die maatskappy. “TSMC het stappe gedoen en veiligheidsmaatreëls is verskerp.” – Reuters/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie